Deur : Skriba / February 10th, 2016
ONS PREDIKANTE
Ds. NJ is met verlof vanaf 9 – 15 Februarie’16.
GELEENTHEDE OM TE GROEI
GESINSKAMP
Ons hou weer `n gesinskamp die naweek van 11 – 13 Maart saam met Ds. George Conradie by Jamaka in die Cederberge. Hou die spasie dop vir verdere inligting.
MANNE ONTBYT
Op 5 Maart om 07:00 in die Wimpy kom deel Mnr. Wicus Naudé sy getuienis met ons en ons bid vir die wêreld. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R50 elk.
DOOPKURSUS
Daar word `n doopkursus vir voornemende doopouers aangebied vanaf 23 Fbruarie – 15 Maart 2016 vanaf 18:00 – 19:00, elke Dinsdag in die Sentrum. Kontak die kerkkantoor indien u sou belangstel.
POSITIEWE OUERSKAP KURSUS
Moedergemeente bied die kursus aan onder leiding van Jan en Amelia van Zyl op 11 en 12 Maart 2016. Vir verdere inligting kontak hul kerkkantoor by 021 873 1561.
WOEKER PROJEKTE
SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:
Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5 en rou skaapstertjies @ R50/pak van 10 t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor. Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R20 elk, is op 29 Januarie 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.
JAGKOMPETISIE
Wellington-Oos tesame met Middelburg gemeente bied `n jagkompetisie aan met wonderlike pryse. Kaartjies is beskikbaar teen R200 by Tinus Broodryk (0829202290) of Herman Le Roux (0834419455).
FYNGOUD DIENSSENTRUM
Hou basaar op DV 4 Maart om 08:00 in NG Moedergemeente se saal in Kerkstraat.
Skenking van bestanddele sal waardeer word. Vir verdere inligting skakel vir Janet by 021-8734682 of 0828501197.
ALGEMEEN
VERWELKOMING
Indien dit vir u lekker is om mense welkom te laat voel, maak nie saak of u oud, jonk, kind of gesin is nie. Kom help ons om by die deure om mense welkom te heet. Belangstellende ontmoet vir Lennox in die voorportaal.
KLEINGROEPE
Indien u by `n kleingroep wil aansluit, stuur `n e-pos aan Pieter du Toit (pieterd@pepstores.com) met u naam en kontaknommer waarna hy dan met u in verbinding sal tree of u kan hom kontak by 0836389823.
FAMILIENUUS
Stuur asb u bydraes vir die familienuus voor 23 Februarie na die kerkkantoor.
INLIGTINGSKAARTJIE
Indien u nuut is of iets onder ons aandag wil bring, gebruik asseblief die kaartjie wat voorsien is in die bank.
STILTETYD GIDS
45 Dagreise oor dissipelskap.
Tema: Volg Jesus deur Deon Loots. U kan dit gebruik vir persoonlike stiltetyd of groepsbyeenkomste. Beskikbaar by Bybel Media.
EERSTEJAARSKAMP TE CPUT
Die kamp vind plaas vanaf 12 – 14 FEBRUARIE 2016 by CPUT se studente sentrum. Koste beloop R350-00. Inbetalings kan by Moederkerk gemaak word met (kamp) as verwysing. U kan vir Theo van Zyl e-pos by jtvanzyl@gmail.com vir inskrywingsvorms.
KINDERDANKOFFER – VOORSKOOL TOT GR 6
Herinnering dat dankoffer koevertjies Sondag, 14 Februarie tydens Kinderkerk en Kategese klas ingehandig sal word.
KERKRAAD & DIENSWERKERS KENMEKAAR
Ons hou `n kenmekaar aand op 17 Februarie 2016 @ 19H30. Hoop om jul almal daar te sien.
SAFARI WATERPUNT – 2 MEI
Indien iemand sou belangstel om die waterpunt te behartig, kontak vir NJ of Jan.
WEEK VAN VERNUWING PREKE
Indien u sou belangstel – die preke is elektronies beskikbaar by die kerkkantoor.
WILDSFEES KOMITEE
Ons benodig `n persoon/e wat behulpsaam kan wees met die bemarking en skakeling t.o.v. die wildsfees, asook enige ander wat wil betrokke raak. Belangstellendes kan vir Tinus Broodryk kontak by 082 920 2290.
VROUEBIDUUR
Die vrouebiduur vind plaas op 9 Feb’2016 @ 09:00 in die konsistorie. – Tema: Stories oor genade!
BEDIENING VAN GEMEENSKAP
NG DROOGTEHULP PROJEK
Ons hou op 4 Maart 2016 `n fondsinsameling wat `n fliekaand behels en waarvan die opbrengs ten bate van die droogtehulp projek is. Indien dit op u hart geplaas word om `n bydrae te lewer vir die projek, kan u die volgende rekening gebruik:
Absa bank, Tjekrekening
Rekeningnaam: NG Kerk in SA
Rekeningnommer: 407 842 5238
Takkode: 632 005, Verwysing: Droogtehulp
Vir meer inligting rakende die projek, kan u op die volgende facebook “link” gaan https://www.facebook.com/NG-Droogtehulp-1076997645664351/?fref=ts of op hul webwerf http://ngdroogtehulp.co.za/
G-VOUCHER PROJEK
22 tot 26 Februarie 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.
JEUG PRET
ONS HOU `N BOSKAMP
Graad 4 – 7 kategese is welkom! 19, 20 & 21 Februarie 2016 @ R240 per kind. Ons gaan GOD as SKEPPER leer ken. Volledige inligting by Adell (082 925 7190), kategete of kerkkantoor.
IMAGINE
1 – 3 APRIL 2016
Aandag alle tieners – dit is weer sulke tyd. Hou die datum oop en die spasie dop vir verdere inligting.