Deur : Skriba / April 29th, 2016
PREDIKANTE NUUS
Ds. Jan Grobbelaar sal vanaf 8 Mei tot 15 Mei 2016 die Pinkster by NG Kerk Barkly-Wes waarneem.
PINKSTER 2016
V/a Donderdag 5 Mei tot Sondag 15 Mei 2016 hanteer ds. NJ die tema “Ons volg Jesus”. Bring die gesin en vriende saam en geniet elke aand sop en broodjies na die tyd. Die eerste gemeente het ook hul kos met blydskap en alle eenvoud geëet (Hand 2:46). Geestelike boeke sal te koop wees. Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte vir die noodkas, wat u dan tydens die dienste kan saambring en in die winkeltrollie in die voorportaal plaas.
Die deuroffer v/a Maandag tot Donderdag gaan vir Bybelverspreiding.
Voorbidding vir Pinkster sal waardeer word – daar sal 3 en 4 Mei om 06:30 tot 07:00 geleentheid wees vir voorbidding in die Konsistorie.
JEUG AKTIWITEITE
KINDERPINKSTER 9 – 13 MEI
Alle Graad R tot Graad 7 kinders word hartlik uitgenooi na Kinderpinkster. Kom stap saam as soldaat vir Christus – trek jou wapenrusting aan en leer om te veg soos Jesus beveel.
Plek: Die Sentrum
Tyd: 19:00 – 20:00
Wat bring ek saam? Jou swaard! (Die Bybel), entoesiasme en `n vriend. Seniors kom meld aan as groepleiers by tannie Adell.
KOFFIEKROEG
Daar sal geen koffiekroeg Vrydagaande meer wees, tot verdere kennisgewing.
ALGEMEEN
KERKKANTOOR
Let asb. daarop dat die kerkkantoor gesluit sal wees op Donderdag, 5 Mei a.g.v. Hemelvaart.
SAFARI WATERPUNT – 2 MEI
Indien iemand sou belangstel om by die waterpunt te help, kontak vir Marius Mostert by 0824986688 of kom help asb vanaf 07:00 om watersakkies uit te deel.
SNOEKBRAAI
Wellington-Oos hou `n snoekbraai op 28 Mei om 18:00, ten bate van die getuienisfonds.
AFKONDIGINGS
Alle versoeke wat in die afkondigings van Sondae geplaas moet word, moet asseblief die kerkkantoor teen Dinsdae bereik.
FAMILIENUUS
Indien u enige bydraes het vir die familienuus, stuur dit asb na die kerkkantoor voor of op 13 Mei 2016.
SOSATIES & QUICHE
Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor. Die volgende datum vir gebraaide sosaties @ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Vrydag 27 Mei van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar. Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.
IDOLS SANGKOMPETISIE
Wellington-Oos gemeente bied vanjaar `n “Idols” sangkompetisie op Donderdag, 25 Augustus aan – sien ons webwerf en facebook blad. Vir enige navrae, kontak gerus vir:
Anton – 083 270 2722 of Leana 083 545 8581
Inskrywingsvorms is beskikbaar by Wellington-Oos kerkkantoor.
BUSSIE PROJEK
Sien ons webwerf en facebook blad vir verdere projekte wat aangepak word om `n reuse sukses van ons bussie projek te maak.
VROUEKAMP
Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus. Hou die afkondigings dop vir verdere inligting.
BEDIENING VAN GEMEENSKAP
NUUS van MIRRIAM
Mirriam is baie dankbaar vir julle gebede en belangstelling. Sy berei haar tans voor om:
- 19-21 Junie ‘n seminaar oor sekuriteit in Griekeland, by te woon vir werkers wat in hoë risiko omgewings werk en beweeg.
- 22-25 Junie: ‘n vergadering met leiers net voor die personeelkonferensie (in Spanje)
- 25 Junie- 2 Julie: die twee-jaarlikse Noord-Afrika personeel konferensie in Spanje
Mirriam oorweeg dit om haar in Spanje te vestig – bid vir die Heer se duidelike leiding vir haar. Sy vra ook asb. voorbidding vir haar en haar trauma komitee wat die Here se wysheid en insig nodig het om die personeel in Noord-Afrika te lei om veilig en wys te lewe en tog met vrymoedigheid getuies te wees in gevaarlike situasies – altyd gefokus op Jesus.
MALAWI UITREIK
Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie tot 9 Julie 2016. Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.
DUVETPROJEK
Jammer dat ons al weer LASTIG is. Ja, ons moet weer las en daarom soek ons rywilligers om 6 bane (klaar geknip ) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop. Skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.
G-VOUCHER
02 Mei tot 06 Mei 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.
DEUROFFER – CLF
(CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS)
SNOEKFEES – MIDDELBURG 2016
Die jaarlikse Snoekfees te Middelburg vind plaas tydens die naweek van 10 – 12 Junie 2016. Soos gewoonlik neem ons n aantal gaste saam, bo en behalwe die werkers, om bande te bou en te verstewig tussen die twee gemeentes. Gemeentelede wat graag wil saamgaan moet asb hulle name deurgee aan
Danie Theart 084 517 2610 voor of op Maandag 16 Mei 2016.