Deur : Skriba / August 12th, 2016
JEUG AKTIWITEITE
TEKKIES EN KIX
Woensdag 17 Augustus 2016
KIX 16:00 – 17:00
TEKKIES 17:30 – 18:30
(Matigheid – Meer as net brood)
GR 7’S 17:30 – 18:30
CSV
Daar word elke Woensdag van 16:45 – 17:45 CSV aangebied by Hugenote Hoërskool. Alle hoërskool leerlinge is welkom!
FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016
Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas. Almal wat belangstel ontmoet Ds. NJ na die oggenddiens voor die preekstoel.
NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE
In die vlge wyke is vakatures vir 2017. Nomineer asb by u wyksbyeenkomste, kerkkantoor of u wyksleraar. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.
Ouderlinge
Wyke 1, 2, 5, 6, 11, 12, 15, 17, 22, 23, 25, 26, 27, 32, 33, Albatros, Onder Berg en Dal, Hertzog, Les Hugenot A & Patatskloof.
Diakens / Dienswerkers
Wyke 2, 3, 4, 5, 6, 10, 12, 16, 19, 23, 24, 25, 29, 31, 32, 34, Spruitrivier, Albatros, Hertzog & Patatskloof.
BEDIENING VAN GEMEENSKAP
GOSPELKONSERT
Tommy Oliver en Tommy Dell hou `n gospelkonsert met getuienisse op 2 September om 19:00 in die kerksaal. Koste beloop R50 p/p. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor (slegs kontant).
Tommy Oliver sal ook sing tydens die oggenddiens van 28 Augustus 2016.
G-VOUCHER
15 tot 19 Augustus 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Jack de Jager by 021 873 2616/ 0726092507 Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek
Benodigdhede vir G-Voucher: Daar is `n dringende behoefte aan rys, kookolie (om te bak), hoendervleis en brood.
ALPHA MANNEKOOR
Anthony Abrahams (terreinwerker van ons gemeente) vorm deel van `n nie-winsgewende mannekoor wat die afgelope 26 jaar die Evangelie versprei as “Mans van die Woord”. Kontak asb hul Sekretaris by 078 0344 858 indien u sou belangstel om `n bydrae te maak of vir meer inligting.
MOSLEMBEDIENING
‘n FONDSINSAMELINGS-ETE vind plaas vir Wessel en Lomé Cronjé ter stuiwing van hulle BOUFONDS op So. 21 Augustus by Drakenstein Kerksaal. Vir verdere navrae, kontak Lona Liebenberg by 082-3820625.
ALGEMEEN
40 DAE VIR KLEINGROEPE
Vind plaas vanaf 14 Augustus tot 22 September. Boekies @ R30 en ‘n CD per kleingroep @ R50 is beskikbaar by die kerkkantoor.
FAMILIENUUS
Alle bydraes vir die familienuus moet asseblief die kerkkantoor voor of op 28 Augustus bereik.
DEPRESSIE EN ANGS-ONDERSTEUNINGSGROEPE
Op 17 Augustus om 19:15 in dieMarthasaal kom gesels Dr Thys Smith met ons oor Hoe om in moeilike tye HOOPVOL te leef.
INTERKERKLIKE WEEK VAN GEBED
28 Augustus – 4 Sepember 2016
Ons is verantw. vir die gebedsessie op Di 30 Aug om 19:00 – 20:00 in Moederkerk se saal, asook vir weeklikse diensbeurte by die Boiler room in die Marthasaal vanaf Dinsdag 30 Aug om 19:00 – Woensdag 31 Aug om 07:00, asook Donderdag 4 Sept van 07:00 – 19:00. Indien u kan help diens doen, skakel Annette de Kock by 083 554 5747 of annette@dkv.co.za.
EMBRACE
Dit is `n program wat op vroeë kindontwikkeling fokus, veral die eerste 1000 dae van `n kind se lewe – van bevrugting tot en met ouderdom 2. In die program beoog ons om `n Omgee-mamma / ouma met `n minderbevoorregte swanger mamma te verbind. Indien enigeen belangstel om `n Omgee-mamma / ouma te wees, skakel asb Eureka Smit by 021 873 5730 / 084 461 4028.
KOSKAS
Ons het `n dringende tekort aan voorrade vir die koskas – u bydrae sal waardeer word.