Deur : Skriba / October 7th, 2016
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE NUUS
Ds NJ is met `n kursus van Dinsdag, 11 Oktober – Donderdag, 13 Oktober.
Ds Jan is met verlof van Maandag, 10 Oktober tot Sondag, 16 Oktober.
Adell is met `n kursus van Dinsdag, 11 Oktober – Donderdag, 13 Oktober.
OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS
Ons het Dinsdag, 20 Sept. van 09:30 – 11:30 begin met ons Immergroen Ouerskapkursus. Op 13 Oktober begin die tweede groep op Donderdagaande om 18:30 – 20:30 in die Sentrum. Inskrywingsvorms en volledige inligting by Adell Erasmus beskikbaar – 082 925 7190.
SPESIALE KERKRAADVERGADERING
Daar sal op 16 Oktober, ‘n spesiale KR vergadering wees direk na die oggenddiens in die Konsistorie.
BELYDENISKLAS 2015 BRAAI
Op 16 Oktober 2016 vanaf 11:30, na die matriekdiens braai die Belydenisklas van 2015, saam met hul ouers by die Kalkoonde op die Hermonpad (12km links regoor Burgersdrift). Vir verdere navrae, kontak NJ by 084 584 1331.
ALGEMEEN
KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee sodat hulle daardeur met hulle families kontak kan maak oor die Kerstyd. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar kan wees en hulle nie. Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier. Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)
KERSSANGDIENS 2016
Soos verlede jaar, gaan ons weer ‘n koor saamstel vanuit die hele dorp. Ons benodig weer vrywilligers wat op Maandagaande sal kom saam oefen vir die jaar se kerssangdiens. Die eerste oefening sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot en met die kerssangdiens. Stuur asb vir Johann Enslin ‘n e-pos/sms/whatsapp om jou naam op die lys van lede te voeg: 074 359 8069 of jenslin@hugenoteskool.co.za
HUGENOTE KOLLEGE OPEDAG 2016
Alle belangstellendes word uitgenooi om Hugenote Kollege se Opedag by te woon op Vrydag, 14 Oktober vanaf 09:00 tot 16:00 in die Kollege se saal op die hoofkampus in Wellington. Die Opedag bied die geleentheid aan voornemende aansoekers om die akademiese personeel te ontmoet, eerstehandse inligting te kry oor die kursusse en om sommer die kampus te beleef. Enige navrae kan u gerus Wellington Kampus skakel.
BEDIENING VAN GEMEENSKAP
DUVETPROJEK :
Die span het al die stikwerk vir 2017 afgehandel. Tans werk ons aan ‘n resepteboekie om daarmee die onkoste vir die ‘inners’ te dek. As jy kans sien om ‘n bladsy te borg, kontak asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 082 373 5853.
G-VOUCHER
Dringende benodigdhede vir die G-Voucher projek – hoender, rys, pasta, speserye, groente en pakkies sop. Vir verdere navrae, kontak Carina Theron by 021 8642 529 / 084 2884 259 of Cliford Asia by 078 866 2439.
KOSKAS
Enige bydrae sal baie waardeer word!
JEUG AKTIWITEITE
- 1 – 3 KAMP
Die kamp vind plaas vanaf 21 tot 22 Oktober 2016. Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting.