Deur : Skriba / December 4th, 2017
UIT DIE KANTOOR
KANTOORURE: Ons kantoorure is as volg vir 2018: Ma: 08h00-13h00
Di-Vr: 08h00-13h00
Wo: Aande 17h30-18h30
Aanddiensreeks Eerste Semester 2018
Ek glo…
21 Januarie: Ek glo…
28 Januarie: God die Vader
4 Februarie: Week van vernuwing
11 Februarie: Die Almagtige
18 Februarie: Getuienis naweek
25 Februarie: Die Skepper van die hemel en die aarde
4 Maart: Jesus Christus, ons Here
11 Maart: Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria
18 Maart: Gely het onder Pontius Pilatus
25 Maart: Sunfield Passiespel
1 April: Paasfees
8 April: Vakansie teks sal nog deurgegee word
15 April: Wat opgestaan het uit die dode en opgevaar het na die hemel
22 April: Van waar Hy sal kom om te oordeel
29 April: Ek glo in die Heilige Gees
6 Mei: Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk
13 Mei: Pinkster
20 Mei: Lofprysingsdiens
27 Mei: Die gemeenskap van die heiliges
3 Junie: Die vergewing van sondes
10 Junie: Die opstanding van die vlees
17 Junie: En ’n ewige lewe
KATEGETE:
Ons benodig nog ‘n kategeet vir Gr 7 en twee kategete vir Gr 8 asseblief.
Skakel asb met Ds NJ Van As (084 584 1331) of met
Prop Annelet Slazus (082 337 2161)
KAMPE : FEBRUARIE 2018
Let daarop dat ons Gr 4-7 kamp van (9-11 Februarie 2018) die jaar gaan plaasvind by Bergkroon.
Belydeniskamp vind plaas op (16-18 Februarie 2018)
Pa & Kind Kamp vind plaas op (23-25 Februarie 2018) by Jamaka in die Cederberge.
Kostes is R400 vir hele naweek. Vir verdere inligting kan u vir Wouter Viljoen skakel by (082 802 7209)
VERLOF
Ds Jan Grobbelaar is met verlof vanaf 27 Desember 2017 – 16 Januarie 2018
KENNISNAME
Predikantswyke: Ds Jan en Ds NJ ruil wyke van 1 Januarie 2018 vir die volgende 3 jaar.
PREDIKANTE NUUS
Ds NJ Van As sal vanaf 23-25 Januarie op ’n predikantebegeleidings kursus wees.
PREDIKANTSWYKE
Die predikantswyke ruil vir die volgende 3 Jaar. Sien kalender onder (Algemene inligting)
WERKSAANBOD VIR PERSONE WAT ONAFHANKLIK KAN WERK
Ons het regeringskontrakte om HOP huisies te bou. Ons het egter so baie werk dat ons op soek is na mense wat onafhanklik kan werk en bereid is on nuwe vaardighede aan te leer.
Dit sal wel beteken dat hulle kapitaal insit om op hulle eie aan die gang te kom.
Op die oomblik het ons verskeie professionele mense wat hulle werk verloor het en nou op hulle eie werk. Ons het ‘n groot span mense wat met raad en kundigheid kan help.
Hoop ons hoor binnekort van u. (Stuur ‘n epos aan my en ek sal u terugskakel)
adriaan@unitedconstruction.co.za
Vriendelike Groete
Adriaan Smuts
WEEK VAN VERNUWING
4-7 Februarie : Die dienste sal gelei word deur prof Marius Nel van die Kweekskool Stellenbosch.
In die aande is daar ook ‘n reeks vir laerskoolkinders wat deur Annelet Slazus aangebied sal word.
TEMAS
4 Februarie 2018: Sondagoggend – Handgemaak deur God
4 Februarie 2018: Sondagaand – Handgemaak vir ‘n tyd soos nou
5 Februarie 2018: Maandag – Handgemaak vir liefde
6 Februarie 2018: Dinsdag – Handgemaak vir wysheid
7 Februarie 2018: Woensdag – Handgemaak vir diens
KALENDER
Indien u nog nie ‘n kalender ontvang het nie kan u enige tyd vir u een kom afhaal by die kerkkantoor. As gevolg van sekere wyke wat nie diakens of ouderlinge het nie kan ons dit nie by u besorg nie.
BANKKOSTES
Ons prober kostes so laag moontlik hou. Ons wil vra dat u sal probeer om nie kontant in ons rekening in te betaal nie, maar verkieslik elektronies sal oorbetaal.Ons vra ook dat indien u foutiewelik geld oorbetaal in die kerk se rekening, dat u die kerkkantoor sal skakel dat ons dit elektronies terug aan u betaal. Baie dankie.