Deur : Skriba / March 29th, 2018
Ds NJ sal met verlof wees vanaf 29 Maart tot 03 April 2018
SPESIALE KERKRAADSVERGADERING
Ons hou op Dinsdag 10 April ‘n spesiale kerkraadsvergadering om 19:00 in die
Sentrum.
VERLORE ARTIKELS
Indien u ‘n leesbril verloor het, kan u dit by die kerkkantoor kom afhaal.
SPELETJIES: GROEP 5
Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate van die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by 0725996840
DIENSSENTRUM
Wellington Dienssentrum hou basaar op DV Saterdag 7 April 2018 in die kerksaal van die Moedergemeente Kerkstraat. Die verrigtinge begin om 08:00. Almal is baie welkom.
HERWINNING
U kan gerus u ou koerante, papiere en kartonne in die houer voor die kerkkantoor kom ingooi. Dit word herwin en die gemeente herwin finansies ten bate van sending.
KANTOORURE TYDENS VAKANSIE
Let asseblief daarop, dat die Kerkkantoor nie Woensdae aande sal oop wees tydens vakansie tye nie. Ons sal weer vanaf Woensdag aand 11 April oop wees tussen 17:30 en 18:30.
OGGEND EREDIENSTE
Let asseblief daarop, dat ons eredienste Sondae oggende nou weer om 09:30 begin en nie 09:00 nie.
WELLINGTON-OOS VOELTJIE- JAG GHOLFDAG- 20 APRIL 2018
Die reëlingskomitee hoor graag van gemeentelede wat bereid sal wees om hulp te verleen op een van die volgende wyses:
- R100 borgskap per speler om baanfooie te dek
- Om instansies te nader vir pryse vir die gholfdag – 4 eenderse pryse asb
- R500 borgskap om advertensie ruimte op bowwe te koop
Om ondersteuning op die dag te bied
Bydraes kan ook direk by Kerkkantoor inbetaal word of op Kerk se bankrekening gedeponeer word met verw Gholfdag
Skakel gerus met Gerhard Fick – 073 385 9513 – indien u betrokke wil raak.