Deur : Skriba / February 1st, 2019
GEMEENTE ETE 22 FEBRUARIE 2019 OM 19:00
DOOPKURSUS
‘n Doopkursus word aangebied op Dinsdagaande om 18:00 vanaf 19 Februarie –
5 Maart in die ou jeuglokaal (lokaal vir peuters) in die binnehof vir voornemende doopouers(ook die wat swanger is) en wat in die verlede nie die kursus kon bywoon nie.
DISSIPELSKAPKURSUS
Van 14 Februarie gaan ons Donderdagaande om 19:00 wandel in die Woord n.a.v. tekste wat vir ons meer vertel oor hoe ons Jesus kan volg. Vandaar ons tema:
Volg Jesus
BYBELSTUDIE KONSISTORIE
Ons is ‘n klein groupie gelowiges wat dit geniet om die Bybel te bestudeer. Tans is ons besig met die boek Daniël. Ons nooi ander gelowiges om Dinsdagoggende 7:30—8:30 by ons aan te sluit. Almal is welkom. Ons leier is Dr Eddie Orsmond.
WATTSAPP VANUIT DIE KERK
Om die kerkkantoor te help om meer effektief en ekonomies met die hele gemeente en met groepe te kommunikeer moet u asb die kerkkantoor se selnr op u foon laai
selnr..066 301 2011 Ons gaan broadcast groepe stig. Dit beteken dat die kantoor vir almal die boodskap stuur, maar as jy reageer ontvang net die kantoor die boodskap en nie die ander lede nie.
SCHREDDER
Die kantoor s’n het gebreek. Indien u dalk een het wat in onbruik is ,skakel asb die kerkkantoor.(021) 873 2690
NAGMAAL
Die kwartaal se Nagmaal is vandag , 10 Maart is ‘n drukkersfout. Aswoensdag is op 6 Maart en nie op 13 Februarie nie. Op 24 Februarie is daar ‘n Aandnagmaal as deel van die Getuienisnaweek.
VROUEKUIERAAND
Moenie die Vrouekuieraand misloop nie!!!! Stories van HOOP. Donderdag 21 Februarie om
19:00 onder die bome by die ou Bovlei kelder (Wellington Wines)
WYKSBYEENKOMSTE
Ons is op soek na lidmate wat bereid is om wyksbyeenkomste aan te bied. Ons wil
Graag ‘n lys finaliseer en vir wyke beskikbaar stel om byeenkomste aan te bied.
Indien u bereid is, gee asb u naam deur aan die kantoor, leraar of Herman Le Roux.
WATER VIR BEAUFORT-WES
Indien u water of ‘n donasie wil skenk vir Beaford-Wes kan u die houers en donasie by die kerkkantoor aflewer. Baie dankie vir al die water en donasies wat reeds geskenk is.
MAYONNAISE BOTTELS
Ons is nog opsoek na leë glas Mayonnaise flesse. Indien u enige het wat u nie gebruik nie kan u dit gerus by die kerkkantoor aflewer. Ons waardeer dit opreg.
TOERUSTING VIR DIENS EN GETUIENIS
Vanaf 1-3 Maart bied die gemeente verskillende toerustingsgeleenthede aan om lidmate te ondersteun in hulle diens en getuienis in die gemeente en die gemeenskap. Boekmerk die naweek en skryf in vir een van die kursusse deur jou besonderhede aan te bring op die lyste in die voorportaal of in die kerkkantoor.
Toegerus vir diens! Opsomming van kursusse
Lukas 10 Tranformasie (L10T)
Doel en uitkomste
L-10-T wat gebaseer is op die opdrag en riglyne van Jesus aan die 72 dissipels in Lukas 10 gegee het, help gelowiges om uitdrukking aan die dieselfde opdrag en riglyne te gee in die konteks waar gelowiges vandag woon en werk.
Kursusgangers sal na die kursus ’n beter begrip hê hoe om op ’n natuurlike en spontane wyse ander mense te seën en die evangelie met hulle te deel in die gang van hulle gewone lewe. L10T help dissipels van Jesus om ’n lewenstyl aan te leer wat hulle lewens “goeie nuus” vir ander mense maak.
Inhoud
Die kursus gee hoofsaaklik aandag aan die volgende sake:
- Die aanbieding van God se vrede en seën aan alle mense.
- Verhoudings met nie-Christene
- Identifiseer behoeftes van mense en raak betrokke
- Bid vir mense en deel die evangelie op ’n spontane wyse
Opset en kursusprogram
Die kursus word oor drie dae aangebied. ’n Handleiding word voorsien en enkele
praktiese oefening vind tydens die opleiding plaas.
Vrydagaand 1 Maart: 19:00-21:00
Saterdagoggend 2 Maart: 08:30-12:30
Sondag 3 Maart: 17:30-20:00
Aanbieder: Francois Griebehouw. Francois is ’n gereelde aanbieder van L10T
Koste: R 65 per persoon (Handleiding en verversings).
Empower to Influence (ETI) Kursus in Engels
Purpose and outcomes
The Empowered to Influence (ETI) course is for all believers but is especially helpful for those in the marketplace. It is designed to redefine the way believers think about work, worship and the Kingdom of God. It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.
Nature and program of course
It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.
Friday 1 March: 1900-2100
Saturday 2 March: 08:30-10:30
11:00-13:00
Sunday 3 March: 17:30-19:30
Presenter: R van Velden
Cost: R 120
Luistersiklus en Wandel in die Woord
Doel en uitkomste
Wandel in die Woord is ’n bybelstudie metode wat die deelnemers in groepverband help om self die waarhede in die Skrif te ontdek en toe te pas sonder die leiding van iemand met baie Skrifkennis en geloofservaring. Die metode kan gebruik word met nuwe Christene en volwasse Christene wat bepaalde onderwerpe of gedeeltes in die Bybel wil bestudeer.
Opset en program
Twee sessies waar die aard van die metodiek verduidelik word en die metode prakties ingeoefen word.
Saterdag 2 Maart: 08:30-1030
11:00-12:30
Aanbieder: Ds. Pierre Goosen
Koste: R 30