ARMOEDE KWESSIE
Deur : Skriba / February 6th, 2012
Die Sinode 2011 het die Armoede-kwessie as prioriteit geïdentifiseer vir die volgende termyn. Die Bediening van Armoede en Sorg vra dat u vir die komiteelede wysheid en insig vir die sake op die tafel sal bid. Wil u nie ook vra dat die Here vir u duidelik sal maak wat u rol in die bediening aan armes moet wees nie? “Dit is nou tyd om na my wil te vra, sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” Hosea 10:12