DRIES VOLSCHENK

Deur : Skriba  /  February 8th, 2012

Dries en Marlee werk in Madagaskar onder die vaandel van CEF (Kinderevangelisasie).  Ons is besorg oor Dries, want hulle kry slae van alle kante – dit reën oorvloedig, die paaie is onbegaanbaar, beide voertuie gee ernstige probleme, hul eie kinders kom moeilik by die skool, die gemeente se kinders kan nie by die kinderklubs uitkom nie, sendingvriende met wie hul jare lank saamgewerk het, trek weg, ‘n kollega en sy vrou sterf in ‘n motorongeluk by Drie Susters en hulle moet omsien na die 10-jarige seun.  Hulle het volhardende gebedsondersteuning nodig.  “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hul hele hart op Hom vertrou.”  2 Kron 16:9

In die Nuus