LIBIë

Deur : Skriba  /  November 3rd, 2011

Ghadafi het op ‘n oneerbare wyse aan sy einde gekom, byna soos van die konings van Israel wat God nie gehoorsaam het nie (2 Kon 23 & 24).  Nou  moet die land opgebou word – vra die Here dat Hy vrede sal bring in die stukkende land.  Bid dat sendelinge met die boodskap van Jesus, hoop sal bring aan hooplose mense, dat ‘n stabiele regering aan bewind sal kom en dat mense tot geloof in Christus sal kom.  “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe  van hom wat die goeie boodskap bring ……”  Jes 52:7

In die Nuus