MATRIEKS
Deur : Skriba / November 8th, 2011
Ons hoor uiteenlopende kommentaar oor vraestelle wat reeds geskryf is – kom ons volhard in gebed vir die matrieks wat nog vir ‘n geruime tyd met eksamen besig sal wees. Bid vir ywer en moed in die voorbereiding en kalmte wanneer die vraestel beantwoord moet word. “Die Here bepaal die koers van ‘n mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.” Ps 37:23