MOSLEMBEDIENING
Deur : Skriba / February 1st, 2012
Lona Liebenberg getuig van ‘n Moslem bekeerling wat nou in kerke getuienis lewer van sy bekering en lewe. ‘n Moslem seun wat op tik was, het tot bekering gekom. ‘n Ma met haar twee dogters het tot bekering gekom. Sy vra dat ons sal bid vir medewerkers onder die Moslem gemeenskap en dat die Here Hom aan die mense sal openbaar. “Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek ‘n honger oor die aarde laat kom; ‘n honger nie na kos nie, ‘n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.” Amos 8:11