VERVOLGDE KERK: AFGHANISTAN NO 3

Deur : Skriba  /  November 25th, 2011

Die Afghaanse regering het sy vervolging van gelowiges verskerp.  Gelowiges ervaar verwerping, word nie deur die wet beskerm nie, en is gedurig slagoffers van geweld.  Tog is daar ‘n openbare debat aan die gang oor die regte van Christene en die ruimte om na eie keuse ‘n Christen te wees al dan nie.  Hierdie gelowiges steun op die gebed van gelowiges oral oor die wêreld – ons wil u nooi om deel te word van die span.  ” ……. want ek weet dat alles op my redding sal uitloop, omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus my bystaan.  Fil 1:19

In die Nuus