VERVOLGDE KERK

Deur : Skriba  /  November 10th, 2011

Ons gaan die volgende 10 weke die ranglys wat die intensiteit van vervolging van Christene internasionaal meet, waar 1 hoogste intensiteit en 10 laer aandui, neem as gebedsriglyn.  Christene in Noord-Korea word die ergste vervolg en boet dikwels met hul lewe (strafkampe is die ander se lot).  Bid dat Christene vreesloos en getrou sal bly in die aangesig van vervolging.  Bid dat lede van die regering / godsdiens / polisie geleentheid sal kry om die evangelie te hoor.  “Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer.”  Heb 9:14

In die Nuus