ONS MENSE IN DIE BUITELAND
Deur : Skriba / January 25th, 2012
Groot getalle van ons mense, kinders, vaders en ook gesinne bevind hulle in die buiteland omdat daar vir hulle in ons land nie geskikte werksgeleenthede is nie. Behalwe dat dit hier groot ontwrigting meebring, ondervind hulle daar dikwels aanpassingsprobleme (‘n predikant uit Australië skryf gereeld daaroor). Kom ons dra dié mense aan die Here op en vra vir die vrede wat Jesus belowe het wanneer ons aan Hom vashou. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle.” Joh 14:27