BYBELSKOOL

Deur : Skriba  /  June 15th, 2017

BYBELSKOOL 3-7 JULIE 2017
Dis weer tyd vir die jaarlikse Bybelskool, ‘n vakansiebediening aan kinders Gr.RR – Gr.6, waar ons as jong mense Jesus se liefde gaan deel deur Bybelverhale, speletjies, kuns, drama en musiek. Hierdie jaar se tema is: “Anders as die wêreld”, en ons gesels oor hoe ons as Jesus se dissipels anders as die wêreld optree a.g.v. ons spesiale mission.
Datum: 3-7 Julie
Koste: R160 pp
Tyd: Vroeë aflaai is vanaf 07:15
Rek, strek en word wakker: 08:00-09:00 (‘n Besig hou tyd terwyl ons vir die res van die maats wag.) Program hardloop vanaf 09:00-13:00
Inskrywingvorms is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op die gemeente se webblad.

Om so ‘n week te laat gebeur, het ons ‘n hele paar hande nodig, en dit gaan so lekker wees dat jy nie sal wil uitmis nie.

As jy Gr.7-12 is, kom help gerus as ‘n kleingroepleier. Daar is ‘n aparte inskrywingsvorm wat jy moet invul. Dit is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op die gemeente se webblad.

Ons kort ook ‘n hele klomp volwassenes/studente om te help met die aanbieding tydens die week van Bybelskool. Hier onder is ‘n lys van aanbieders wat ons benodig. Kyk, dink en bid gerus daaroor en laat weet Annelet teen 16 Junie of jy iewers sal wil uithelp.
• Kombuis (Voorbereiding van die happie-tyd)
• Munchies aanbieder (Lekkerny wat die kinders self maak soos cupcake versier ens.)
• Cinema aanbieder (Al wat jy hoef te kan doen,is play en stop op ‘n rekenaar te druk.)
• Crafts aanbieder (Kunsaktiwiteite)
• Bybel Avonture – Jnr aanbiider (Teks en boodskap van die dag vir Gr.RR-3)
• Bybel Avonture – Snr aanbiider (Teks en boodskap van die dag vir Gr.4-6)
• Speletjies – Jnr aanbieder
• Speletjies – Snr aanbieder
• Musiek/ Media
• Noodhulp
Indien jy graag betrokke wil wees, maar nie tydens die week kan help nie, kort ons ook hulp met die volgende dinge of donasies van die volgende goed:

Hulp vooraf: Gebed, aankope, vooraf admin, dekor, maak van soutklei

Donasies: Ou CD’s, koerantpapier, koeldrankproppies, hot chocolate, bokse, verf, verfkwaste, papierborde, foamalite koppies, kleefband, springmielie pitte, loslekkers, mariekoekies, versiersuiker, koekkleursel, albasters, bordkryt.

In die Nuus