Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 30th, 2011

EPOS ADRESSE:  Let asb daarop dat die kerk se epos adresse na die volgende verander het:

Ds NJ              –           nj@wellingtonoos.co.za

Ds Jan             –          jan@wellingtonoos.co.za

Carien             –           finans@wellingtonoos.co.za

Elize                –           skriba@wellingtonoos.co.za

Adell                –           kinders@wellingtonoos.co.za

 

VERLOF – DS JAN:  Ds Jan is met verlof tot Sondag 13 November.  Skakel asb met ds NJ gedurende hierdie tyd.

 

VROUEDIENSAFSLUITING:  Pieter van Jaarsveld praat oor Emosionele Intelligensie.  Waar?  Bovlei Wynkelder om 19:00 vir 19:30.  Mans is ook welkom.

 

KINDERKERK:  Ouers moet asb solank die bywoningseël saam met u kind stuur met die oog op die einde van die jaar.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR:  Baie dankie vir elkeen se harde werk, bydraes, samewerking en ondersteuning om van die basaar en naweek ‘n fees tot eer van die Here te maak.  Alle bewyse van aankope moet asb op die laatste @ Dinsdag 1 Nov by Carien teruggeëis word.

 

NOODKAS:  Baie dankie aan almal wat so gereeld en ruim bydra.  Ons voorraad is tans min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite, tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

INLIGTINGSESSIE VIR NUWE LIDMATE:  Ons verwag van alle nuwe lidmate om op 2 Nov om 19:00 by Die Sentrum teenwoordig te wees.  Ons wil mekaar leer ken en u die geleentheid gee om meer van die gemeente se werksaamhede te wete te kom en die leiers te ontmoet.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:  Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.40 elk. Indien u dalk kan help om ‘n posseël of meer te skenk,  of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Kontak:  Kerkkantoor of  Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 , Tel nr. 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

FYNGOUD BIBLIOTEEK:  Hulle is op soek na Afrikaanse en Engelse fiksie en nie-fiksie asook 2011 tyfskrifte wat nog in ‘n goeie toestand is.  Kontak asb Alida Burger by 082 668 2929.

 

HUIS ANDREW MURRAY:  Baie dankie aan die gemeente vir almal wat `n bydrae gelewer het tot die kermis.  Dit word opreg waardeer.  Sien asb die ingeslote blaadjie ivm hulle Skoendoosprojek – die skoendose moet asb @ 7 November afgegee word by HAM.

 

RADIOKANSEL:  Die uitsaai owerheid (OCASA) het ingestem om aan Radiokansel ‘n spesiale lisensie toe te staan om van vandag af in die Wes-Kaap te kan uitsaai.  Baie dankie aan almal vir gebede en ook terugvoer oor geleenthede wat in julle gemeentes plaasvind oor die Kerstyd.   Radiokansel kan van vandag af gehoor word op 729 meduim golf.

 

STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012:  Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Januarie 2012 en registrasie is 22 Januarie 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch.  Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.za /  kamp@moederkerk.co.za

 

PLEISTERS VIR DIE SIEL:  Aangebied deur Riekert Botha van RSG.  Datum:  Saterdag 5 Nov.   Plek:  NG Wellington-Noord Onthaalsentrum.  Tyd:  10:00.  Prys:  R50-00 pp.  Kaartjies beskikbaar by Tharina 082 779 4001 en by Wellington-Noord se kerkkantoor.

 

ONDERSTEUN PUK STUDENT VIR LIEFDADIGHEIDSPROJEK:  Jacques Theron is ‘n projekleier vir Sportontwikkeling en Bemagtiging by Potchefstroom Universiteit vir behoeftiges.  Indien u hom wil ondersteun met sporttoerusting kan u hom skakel by 083 357 9603.

 

“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL:  Paarl is besig met ‘n projek waar mens koepons koop om vir haweloses te gee wat dit weer gebruik om kos te kry.  Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 0218721179 / 0838729626 of Franci Malan 0218721179. Navrae by ds NJ of dr Fanie Marais.

 

“SPLITTING HEIRS” SEMINAAR:  Aangebied deur Jedidiah Sentrum in samewerking met Crown Marketplace Institute & FinWise.  “NALATENSKAP – Seën of Probleme?”  5 November 2011, 08:30 – 16:00, Picardi Gasteplaas, Hoofstr, Suider-Paarl, R380-00 per persoon, R550-00 per paar vir gades wat handboek & kursusmateriaal deel.  Seminaar word in Afrikaans aangebied. Sien info@jedidiah.org.za  vir meer inligting.

 

GEMEENTEHULPFONDS:  Hierdie fonds verleen ondersteuning aan hulpbehoewende gemeentes wat vanweë verminderde lidmaattalle, natuurrampe, ontvolking en swak sosio-ekonomiese toestande nie meer hul begrotings kan laat klop nie.  Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of reparasies aan fisiese fasiliteite nie.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS:  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees. 

30 Okt-5 Nov 2 Sam1&2 2 Sam 3&4 2 Sam 5&6 2 Sam 7&8 2 Sam 9&10

 

NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS:  ARTIKEL 1

Die enige God.  Ons glo almal met hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige Wese is wat ons God noem.  Hy is enig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed, en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.

In die Nuus