Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 6th, 2011

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012:

Ouderlinge:        

Wyk 10                                        –           Sarah Goosen

Wyk 31                                        –           Johan von Wielligh (herkies)

Groenberg                                 –           Hannes Roets

Diakens:

Les Huguenots B                     –           Joyce Swart

 

VOORSITTERS VAN KOMMISSIES 2011 – 2012:

Gemeentebediening               –           Gerhard Visagie

Getuienis                                   –           Dr Ryk van Velden       

Jeug                                            –           Naas van der Merwe

Diensteverhoudinge                –           Nical Sauerman

Eiendomme                              –           Gerhard Fick

Diens van Barmhartigheid     –           Suzanne Fabricius

Finansies                                  –           Pieter du Toit

Leer & Aktueel                          –           Hannetjie Burger

Ons wil graag gemeentelede aanmoedig om op die kommissies te dien.  Indien u belangstel, skakel asb die voorsitter van die betrokke kommissie of die kerkkantoor.

 

DAGBESTUUR 2011 – 2012:

Predikante                                  –           Di NJ van As & Jan Grobbelaar

Leierouderling                           –           Danie Theart     

Leierdiaken                                –           Danie Opperman          

Onderleier ouderling                –           Naas van der Merwe

Onderleier diaken                     –           Hennie Engelbrecht

 

UITVOERENDE KOMITEE 2011 – 2012:  Bestaan uit Dagbestuur plus voorsitters van kommissies.

 

PREDIKANTSWYKE:  Let asb daarop dat die predikantswyke omruil vanaf Jan 2012 – word so aangedui op 2012 kalender.

 

LIG & KERKBODE:  Indien u sou belangstel om vir 2012 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 21 November.

 

VERLOF – DS JAN:  Ds Jan is met verlof tot Sondag 13 November.  Skakel asb met ds NJ.

 

BASAAR:  Beloftes van geld op basaarlyste moet groot asb so gou as moontlik inbetaal word sodat die basaar se syfers gefinaliseer kan word.

 

BASAAR:  Daar is nog blikkies koeldrank en gegeurde water te koop.  Skakel die kerkkantoor.

 

VROUEDIENSAFSLUITING:  Op 22 Nov om 19:00 vir 19:30 by Bovlei Wynkelder.  Pieter van Jaarsveld praat oor Emosionele Intelligensie.  Toegang is gratis, maar kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en groepleiers ter wille van getalle.  Mans is ook baie welkom!

 

POTJIEKOS BY MITSHA LANDGOED – 26 NOV:  Kom geniet saam met die ander gemeentes en die ATKV ‘n heerlike dag van ontspanning en kom skep ‘n bord potjiekos tbv Sunfield.  As jy wil help in die toutrekspan, skakel Drikus Kotzé 076 810 9276.

 

GEMEENTE-AFSLUITING OP DIE KERKTERREIN MET POTJIE OF BRAAI – 7 DES:  U ouderling of kleingroepleier sal met u reël.  Wykslede dra by vir pot of braai en die vernuftiges berei die maal voor en almal geniet dit saam.

 

KINDERKERK:  Ouers moet asb solank die bywoningseël saam met u kind stuur vir die einde van die jaar.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Lynette Nel wil graag die persone bedank wat haar finansieël help – sy waardeer dit uit die diepte van haar hart.

 

NOODKAS:  Baie dankie aan almal wat so gereeld bydra.  Ons voorraad is tans min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite, tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.  Verkope pos by FNB Wellington beskikbaar.  NQF5 kwalifikasie ‘n vereiste – handig u CV direk in by FNB.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:  Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.40 elk. Indien u dalk kan help om ‘n posseël of meer te skenk, of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15, Tel nr. 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

SENIOR LIDMATE:  Op Sat 12 Nov om 17:30 word ’n ete vir ons Senior Lidmate by Wellington-Noord Onthaalsentrum aangebied.  Die gaskunstenaar wat gaan optree is Hugo Nieuwoudt.  Enigeen wat ook graag die funksie wil bywoon is welkom!  Kaartjies vir hierdie aangeleentheid is teen R100 pp beskikbaar by Wellington-Noord se kerkkantoor – kontaknr 021 873 2763.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012:  Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Januarie 2012 en registrasie is 22 Januarie 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch.  Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.zakamp@moederkerk.co.za

 

“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL:  Paarl is besig met ‘n projek waar mens koepons koop om vir haweloses te gee wat dit weer gebruik om kos te kry.  Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 0218721179 / 0838729626 of Franci Malan 0218721179. Navrae by ds NJ of dr Fanie Marais.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS:  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees. 

6 – 12 Nov

2 Sam 11

2 Sam 12

2 Sam 13 & 14

2 Sam 15 & 16

2 Sam 17

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS VRAAG 116 :  Waarom is die gebed vir Christene nodig?  Antw: Omdat dit die vernaamste deel van dankbaarheid is wat God van ons eis.  En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom sonder ophou daarvoor bid en dank.

In die Nuus