Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 13th, 2011

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012:

Ouderlinge:      

Wyk 10                                                –           Sarah Goosen

Wyk 31                                                –           Johan von Wielligh (herkies)

Groenberg                                         –           Hannes Roets

Diakens:

Les Huguenots B                             –           Joyce Swart

 

KATEGESE AFSLUITING:  Vind plaas op 4 Des en nie op 27 Nov nie agv belydenisaflegging.

 

KINDERKERK:  Ouers moet asb bywoningseëls saam met u kind stuur vir die einde van die jaar.

 

PREDIKANTE VERLOF:  Ds NJ is met verlof v/a 29 November tot 2 Desember en weer v/a 6 tot 26 Desember en ds Jan vanaf 27 Desember tot 10 Januarie.

 

PREDIKANTE KURSUS:  Di NJ & Jan is vanaf 14 tot 18 November op ‘n kursus te Hermanus.  Skakel gerus met Danie Theart by 021 873 1275 / 084 517 2610 indien daar ‘n krisis is.

 

KERSSANGDIENS 20 NOVEMBER:  Renetha Jurgens benodig kruise wat tussen 1 en 3 meter hoog is.  Indien u een of meer het of weet van iemand wat het, kontak haar asb by 021 873 0896 / 083 655 1924 voor of op Woensdag 16 November.

 

LIG & KERKBODE:  Indien u sou belangstel om vir 2012 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 21 November.

 

BASAAR:  Beloftes van geld op basaarlyste moet groot asb so gou as moontlik inbetaal word sodat die basaar se syfers gefinaliseer kan word.

 

BASAAR:  Daar is blikkies koeldrank @ R6 en gegeurde water @ R5-50 by kerkkantoor te koop.

 

HET LIEVE WELLINGTON FEES.  By Mischa Wynlandgoed op 26 November v/a 12:00 tot laat.  Kom geniet saam met die ander gemeentes en die ATKV ‘n heerlike dag van ontspanning en kom skep ‘n bord potjiekos tbv Sunfield.  As jy wil help toutrek, skakel Drikus Kotzé 076 810 9276.

 

GEMEENTE-AFSLUITING OP DIE KERKTERREIN MET POTJIE OF BRAAI – 7 DES:  U ouderling of kleingroepleier sal met u reël.  Wykslede dra by vir pot of braai en die vernuftiges berei die maal voor en almal geniet dit saam.

 

CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE (CSO):  Die breiprojekspan het 54 gebreide musse wat hulle aan die organisasie wil skenk.  Indien iemand bereid is om dit na Milnerton te neem, kontak asb vir Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

NOODKAS:  Baie dankie aan almal wat so gereeld bydra.  Ons voorraad is tans min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite, tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

VAKATURES:  Daar is tans 2 vakante poste by Silwerkruin ouetehuis – sien Paarl Post.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:  Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.50 elk. Indien u dalkkan help om ‘n posseël of meer te skenk, of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

DEUROFFER – SILWERKRUIN:  Daar is tans 122 inwoners waarvan 15 nie hulle volle losies kan betaal nie.  Die geld wat met die deuroffer geïn word, sal onder andere daarvoor aangewend word.  Indien iemand nog enige finansiële ondersteuning wil bied, kontak asb vir Christo Botha by 021 873 4776 of 082 415 7360.  Namens die inwoners van Silwerkruin ‘n opregte woord van dank aan lidmate wat reeds finansiële bydraes gemaak het wat aangewend kon word om losiestekorte mee aan te vul.  Dit dra by tot gemoedsrus vir die inwoners sowel as die bestuur.  Wees verseker van ons opregte waardering vir u meelewing en betrokkenheid.

 

CHOMPS: Daar word ‘n kamp beplan vir die naweek van 2 tot 4 Desember 2011 agter Groenberg.  Hou die spasie dop vir verdere inligting.

 

STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012:  Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Januarie 2012 en registrasie is 22 Januarie 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch.  Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.zakamp@moederkerk.co.za

 

“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL:  Paarl is besig met ‘n projek waar mens koepons koop om vir haweloses te gee wat dit weer gebruik om kos te kry.  Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 021 872 1179 / 083 872 9626 of Franci Malan 021 872 1179. Navrae by ds NJ of dr Fanie Marais.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS:  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees. 

13 – 19 Nov

2 Sam 18

2 Sam 19 & 20

2 Sam 21 & 22

2 Sam 23

2 Sam 24

 

In die Nuus