Auto Draft

Deur : Skriba  /  December 4th, 2011

CHOMPS

Ons kamp die naweek van 9 tot 11 Des agter Groenberg.  Alle Gr 7 leerders is welkom.  Inskrywingsvorms is by die 2 laerskole en die kerkkantoor beskikbaar.  Die kostes is R150-00 per kind.  Die vorms en geld moet asb terug by die kerkkan- toor wees voor of op 5 Des.  Navrae Adell Erasmus 082 925 7190 of Christo Botha 082 415 7360.

 

TIENERKAMP

Ons gaan vanaf 8 – 11 Desember by Die Hel in Gamkaskloof kamp.  Alle Gr 8 – 12 leerders is welkom.  Die koste beloop R200-00 pp en die inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, oom Buks Oberholzer 082 377 7705,  oom Charl Marais 082 421 7921 of ds Jan.  Vorms en geld moet asb terug by die kerkkantoor wees voor of op 5 Des.

 

PA & KIND AVONTUURKAMP

Ons gaan v/a 27 tot 29 Januarie 2012 op Patatskloof Plaas buite Wellington kamp.  Die kostes beloop R165-00 pp wat verblyf en alle etes insluit.  Elkeen bring sy eie blyplek (karavaan/tent), eetgerei en drinkgoed.  Almal wat belangstel, ontmoet Herbert Sills direk na kerk in die voorportaal of skakel die kerkkantoor @ Maandag 5 Desember.

 

KINDERBEDIENING

Stel jouself beskikbaar vir 2012 en word deel van die mees bevredigende werk onder die son!  Ons benodig Kleuterkerkaanbieders (4/5 jariges), Kinderkerkhelpers /aanbieders en Tekkie / Chomps aanbieders of helpers.  Wonder jy wat dit behels om betrokke te raak?  Kontak gerus vir Adell Erasmus 082 925 7190 / kinders@wellingtonoos.co.za

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 6 tot 26 Desember en ds Jan vanaf 27 Desember tot 10 Januarie.

 

RYGELEENTHEID NA PANORAMA HOSPITAAL

Petro Botha moet vir die volgende 3 weke daagliks vir bestraling gaan.  Indien u bereid is om haar heen en terug te vervoer, skakel asb met Elsabe Sauerman by 073 039 7752.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

NOODKAS

Baie dankie aan almal wat so gereeld bydra.  Ons voorraad is steeds min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  melk, hoender, grondboontjiebotter, marmite, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, skeermesse, shampoo, Sunlight seep, opwasmiddel, margarien, 2 min noedels, “cup-a-soup”, jellie, koekies en aanmaak koeldrank.

 

SKOOLKLERE

Bring asb enige skoolklere van ons hoër- en 2 laerskole wat nie meer gebruik word nie en wat u bereid is om te skenk, na die kerkkantoor.

 

WAT IS ‘n WARE MAN?

Ons bied v/a 21 Feb 2012 elke Dinsdag v/a 18:00 – 19:00 ‘n kursus aan oor “authentic manhood” – dit gaan oor Christenman wees in die praktyk.  ‘n Inligtingsvergadering vind plaas Maan 28 Nov om 07:30 in Die Sentrum.  Navrae Herbert Sills 082 374 3146.

 

KLEINGROEPMATERIAAL 2012

“Lewe saam met God” – oor die lewe van Abraham. Die kleingroepe wat klaar is met die Timoteusreeks of dit nie doen nie, word aangemoedig om die boekie met 10 ontmoetings te gebruik.  Plaas asb bestellings by die kerkkantoor.

 

SOPKOMBUIS MBEKWENI

Benodig droë boontjies, ertjies & sopmengsel.  Indien u graag betrokke wil raak, skakel Baby Botha by 021 873 4612 / 082 501 7209.

 

HAM

Benodig dringend bababedjies (“cots”) en baba-eetstoeltjies vir die Kinderhuis.  “Camping cots” is ook welkom.  Indien daar so iets in u huis of garage in onbruik staan, sal ons dit baie goed kan gebruik.  Ons kan dit ook by u woning kom afhaal.

 

KERSGESKENKE POLISIE

Ons benodig 164 “slabs” sjokolade van 100g elk @ 15 Des om vir al Wellington SAP lede ‘n Kersgeskenkie te gee.  Indien u bereid is om ‘n skenking of donasie te maak, kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP

Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

ROLSTOEL

Iemand in die ouetehuis wat beide haar bene verloor het, benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig.  Kom ons wend nog steeds ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel.  Ukan dit by die kerkkantoor inhandig.

 

STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012

Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Jan 2012 en registrasie is 22 Jan 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch.  Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.za / kamp@moederkerk.co.za

 

BID SAAM VIR PADVEILIGHEID

By die tolhek Spuitfontein (net na die weegbrug) – Vrydag 9 Des 06:00 – 10:00.  Kom en gaan soos dit u pas.  Navrae: Annebet 072 269 5647. 

In die Nuus