Auto Draft

Deur : Skriba  /  December 11th, 2011

Radiokansel

Radiokansel is ‘n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou.  Onthou om te luister op AM 729.

 

HAM

Benodig dringend bababedjies (“cots”) en baba-eetstoeltjies vir die Kinderhuis.  “Camping cots” is ook welkom.  Indien daar so iets in u huis of garage in onbruik staan, sal ons dit baie goed kan gebruik.  Ons kan dit ook by u woning kom afhaal.

 

NOODKAS

Baie dankie aan almal wat so gereeld bydra.  Ons voorraad is steeds min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  melk, hoender, grondboontjiebotter, marmite, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, skeermesse, shampoo, Sunlight seep, opwasmiddel, margarien, 2 min noedels, “cup-a-soup”, jellie, koekies en aanmaak koeldrank.

 

SKOOLKLERE

Bring asb enige skoolklere van ons hoër- en 2 laerskole wat nie meer gebruik word nie en wat u bereid is om te skenk, na die kerkkantoor.

 

SOPKOMBUIS MBEKWENI

Benodig droë boontjies, ertjies & sopmengsel.  Indien u graag betrokke wil raak, skakel Baby Botha by 021 873 4612 /082 501 7209.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

Wat gebeur in 2012 ?

STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012

Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Jan 2012 en registrasie is 22 Jan 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch.  Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.zakamp@moederkerk.co.za

 

TIENERKAMP

Ons kamp v/a 27 – 29 Januarie 2012 by die SOS kamp op Villiersdorp. Die tema is 21122012.  Kostes is R350-00 pp wat verblyf, etes en vervoer insluit.  Inskrywingsvorms sal in die 1ste kwartaal van 2012 by die hoërskool en 3 kerkkantore beskikbaar wees.

 

PA & KIND AVONTUURKAMP

Ons gaan v/a 27 tot 29 Januarie 2012 op Patatskloof Plaas buite Wellington kamp.  Die kostes beloop R165-00 pp wat verblyf en alle etes insluit.  Elkeen bring sy eie blyplek (karavaan/tent), eetgerei en drinkgoed.  Almal wat belangstel, skakel die kerkkantoor of Herbert Sills 082 374 3146.

 

WAT IS ‘n WARE MAN?

Ons bied v/a 21 Feb 2012 elke Dinsdag v/a 18:00 – 19:00 ‘n kursus aan oor “authentic manhood” – dit gaan oor Christenman wees in die praktyk.  Navrae Herbert Sills 082 374 3146.

 

KLEINGROEPMATERIAAL 2012

“Lewe saam met God” – oor die lewe van Abraham. Die kleingroepe wat klaar is met die Timoteusreeks of dit nie doen nie, word aangemoedig om die boekie met 10 ontmoetings te gebruik.  Plaas asb bestellings by die kerkkantoor.

 

KINDERBEDIENING

Stel jouself beskikbaar vir 2012 en word deel van die mees bevredigende werk onder die son!  Ons benodig Kleurkerkaanbieders (4/5 jariges), Kinderkerkhelpers / aanbieders en Tekkie / Chomps aanbieders of helpers.  Wonder jy wat dit behels om betrokke te raak?  Kontak gerus vir Adell Erasmus 082 925 7190 / kinders@wellingtonoos.co.za

In die Nuus