Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 16th, 2011

VERLOF – DS JAN:  Ds Jan is met verlof vanaf Dinsdag 18 Oktober tot Sondag 13 November.  Skakel asb met ds NJ gedurende hierdie tyd.

 

KERKKOREFEES:  Donderdag 20 Oktober om 19:00 in Wellington Stadsaal.  Almal baie welkom en toegang is ‘n donasie.

 

WEBWERF:  Kyk gerus by www.wellingtonoos.co.za wat in die gemeente gebeur.

 

GOD SE WIL VIR WELLINGTON-OOS:  Ons wil saam luister na wat God se wil is vir ons gemeente.  Die teks wat ons gebruik is Luk 10:1-11.  Lees dit gerus en dink daaroor na.  U is ook welkom om saam te gesels vanmiddag 17:30 in die Sentrum.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR:  Dankie vir u bydraes en ondersteuning. Kom ons maak dit ‘n fees tot eer van die Here.

 

BASAAR KLEINGELD:  Herinnering aan konvenors dat vorms vir aanvra van kleingeld by kerkkantoor moet wees @  Vrydag 21 Oktober.  Kleingeld kan afgehaal word vanaf Woensdag 26 tot Vrydag 28 Oktober om 13:00.  Indien kleingeld eers Saterdag afgehaal kan word, moet spesiale reëlings vooraf met Carien getref word.

 

GEMEENTEKONSERT:  Mariëtte van Velden is die organiseerder.  Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.

 

BASAAR ONTBYT:  Kaartjies is nou by die kerkkantoor beskikbaar @ R40-00 elk.

 

BASAAR MANNETAFEL:  Indien u goeie, bruikbare items het, bring dit asb na die kerkkantoor of Hennie Engelbrecht (Fouriestraat 6) of Nico van Zyl (Dorisrylaan 49).

 

BASAAR POEDINGTAFEL:  As iemand bereid is om te help met die maak van poeding (bestandele sal voorsien word), kontak asb Veronica Basson 021 864 8600 (W)  / 021 864 3895 (H) of 084 664 3895.  Leë 2L roomysbakke kan asb by die kerkkantoor afgegee word.

 

BASAAR KAFEE:  Skakel asb Obie Prins 021 864 3253 / 082 566 7867 indien iemand kan help met die bak van jaffles op die dag van die basaar.

 

HANDGEMAAKTE KNIPMES:  Maak ‘n aanbod vir ‘n handgemaakte knipmes met ‘n blouhout hef deur Koos Grobbelaar.  Die hoogste bieër kry die mes.

 

FAMILIENUUS KWARTAALBLAD:  Artikels vir die laaste kwartaal se Familienuus kan weer aan Christa van Rooyen of die kerkkantoor gestuur word voor Maandag 24 Oktober. Christa se epos adres is christa@safj.co.za en telnrs 021 864 1644 (h) / 084 948 1644.

 

NOODKAS:  Baie dankie aan almal wat so gereeld en ruim bydra.  Ons voorraad is tans min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

INLIGTINGSESSIE VIR NUWE LIDMATE EN INTREKKERS GEDURENDE 2011: Op 2 November om 19:00 in Die Sentrum.  Ons wil u almal graag daar hê sodat u die leierspan en mekaar kan ontmoet.

 

SINODE INLIGTING:  Wil jy weet wat by die Sinode gebeur het?  Gaan kyk by www.ngkerk.org.za

 

DS RIEKERT BOTHA VAN RSG:  Ds Riekert preek op die oggend van 6 November by ons en sal ook by die Koffiekroeg op Vrydagaand 4 November wees.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:  Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.40 elk. Indien u dalk kan help om ‘n posseël of meer te skenk,  of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawe te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Kontak:  Kerkkantoor of  Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 , Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175.

 

HUWELIKSVOORBEREIDING VIR VOORNEMENDE HUWELIKSPARE:  Vanaf 18 Okt vir 6 Dinsdagaande.  Skakel ds Lettie Büchner 084 668 3770 of Moedergemeente 021 873 1561 vir meer inligting.

 

“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL:  Die Paarl is besig met ‘n projek waar mense koepons koop om vir haweloses te gee wat op hul beurt dit gebruik om kos te kry.  Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later hier in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 021 872 1179 / 083 872 9626 of Franci Malan 021 872 1179.  Verdere navrae by ds NJ of dr Fanie Marais van Moedergemeente.

 

VOLSCHENKS UIT MADAGASKAR:  Dankie aan elkeen wat ons besoek aan SA so vol vreugde gemaak het.  Alhoewel ons voel dat ons nie genoeg tyd saam met ons familie gehad het nie, het ons vrede en weet ons dat ons hier moet wees.  Ontsettende werklading – bid die Here van die oes om vir ons asb medewerkers te stuur, kort- of langtermyn.  Bid asb vir rustigheid om saam stil te word voor die Here, elke dag SY stem te hoor en binne SY wil te leef.  Bid dat Jesus se verlossende genade, liefde en hoop, die gees van hopeloosheid, moedeloosheid en uitsigloosheid in die land sal verbreek.  Dries het die 6e Okt. verjaar. Nie te laat vir gelukwensing en bemoediging!  Sel: 0 261 3313 266 92

In die Nuus