Deur : Skriba / February 12th, 2012
GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 12 – 18 FEBR
1 Kon 1 tot 2:4 God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte! Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.
GROOT NUUS GRAAD 4 – 7!! Jy wil nie uitmis nie
Dis tyd vir ons om te kamp. V/a Vrydag 17 tot Sondag 19 Febr by Kogelberg in Grabouw. Navrae Adell Erasmus 082 925 7190.
KINDERKERK
Benodig asb leë 2 L roomysbakke. U kan dit by die kerkkantoor afgee.
POEDINGTAFEL
Benodig 2 en 5 L roomysbakke. Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.
INLIGTINGSGELEENTHEID VIR NUWE LIDMATE EN INTREKKERS V/A JULIE 2011
Die leierspan wil u graag net na die oggenddiens ontmoet in Die Sentrum. Die doel is om mekaar te leer ken en u in te lig waar u kan inskakel.
FINANSIëLE JAAREINDE 28/2/2012
Enige aankope wat nog in Febr moet plaasvind, moet asb. eers deur die kantoor gemagtig word en die strokies moet asb onmiddellik ingehandig word.
FAMILIENUUS
Artikels of nuusgebeure moet die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za voor 15 Februarie 2012 bereik.
GEMEENTESTAP
Ons gaan die Outeniqua wandelpad loop vanaf 27 tot 30 April. Bespreek asb vroegtydig by die kerkkantoor aangesien daar slegs 24 plekke beskikbaar is. Almal wat belangstel om saam te stap, ontmoet ds Jan in die voorportaal net na die oggenddiens.
WARE MAN – “AUTHENTIC MANHOOD”
V/a 21 Febr 2012 elke Dinsdagoggend v/a 05:45 – 07:00. Kom drink ware koffie om 05:45 en kyk vanaf 06:00 – 06:45 na ‘n DVD oor praktiese Xtenskap. Die man in verhouding met homself, God, sy vrou en kinders. Navrae en inskrywings by Herbert Sills 082 374 3146. Koste van boek is R50-00.
GEBEDSSPAN
As u bereid is om voorbidding te doen vir mense, sake en die gemeente, skakel asb die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610. Gebedsversoeke sal dan per epos of sms aan u deurgegee word.
DR PIETER VAN JAARSVELD
Kenner op die gebied van emosionele intelligensie preek Sondag 11 Maart.
MANNEBYBELSTUDIEGROEP
Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.
BEHEERLIGGAAM VAN SKOLE
Gedurende Maart is daar weer verkiesings en ons moedig ouers aan om betrokke en verkiesbaar te wees.
SONDAG SONDER SKOENE
Op Sondag 4 Mrt kan u sonder skoene kerk toe kom om te voel hoe dit is om sonder skoene te wees. U kan ook skoene wat u wil skenk saambring kerk toe.
WêRELDBIDDAGVIRVROUE
Donderdag 1 Mrt om 19:00 by die Marthasaal NG Moederkerk. Die spreker is Judy Venter en die tema “Leef regverdig en doen wat reg is ……” Ligte versnapperinge sal bedien word. Nooi asb u vriendin of huishulp saam.
BESOEK AAN ALTA DU TOIT
Op 7 Maart besoek ons gemeente dié inrigting vir intellektuele gestremdes. ‘n Bus vetrek om 09:00 v/a Die Sentrum en die koste is R50-00 pp. Vir verdere navrae kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.
CV’S
Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.
WERKGEWERS
Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.
WELLINGTONGETUIENISFEES 2012
Ons benodig enkele persone wat deelkan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar. Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy onskan help met die beplanning.
LUKHANYO HANDWERKGROEP
Die vroue by Lukhanyo wil graag leer hekel en brei. As iemand dalk wol of hekelgare het wat nie gebruik word nie, sal ons dit goed kan gebruik en sal dit opreg waardeer. Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 7749039 of die kerkkantoor.
GELOOFSOFFERS
Hiermee % van Geloofsoffers wat ontvang is vanaf1/3/2011 tot31/1/2012: Makhatini 63,4; Algemeen 98,2; Mbekweni 68,7; Madagaskar 91.2. 100% + Mosambiek, AMOS, Noord-Afrika, Arbeidsbediening, TIW en Jeug. Die Getuieniskommissie sê baie dankie aan lidmate wat, in volle vertroue in hul Hemelse Vader, getrou bydraes inbetaal, soms meer as beloftes! Finansiële Jaareinde is 28/2.
SUNFIELD VRUGTEFEES
Ons gemeente gee Woensdag 15 Febr om15:00 vir Sunfield ‘n vrugtefees. As u wil help, skakel asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.
ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES HOU BASAAR
Op 24 Febr vanaf 08:00 tot 12:00 in Moeder se kerksaal. Ondersteun hulle asb – daar is heerlike tuisgebakte produkte, regte basaarpoeding, vars groente en vele meer. Indien iemand graag ‘n bydrae wil maak in die vorm van bestandele, gebak, poeding, ingemaakte produkte, groente, vrugte of kontant kontak asb vir Janet by die Dienssentrum 021 873 4682 of Susan Linde 021 873 2359.
DEUROFFER
Zimbabwe – Met moontlike verkiesings in Zimbabwe in 2012, voorspel die jaar swaarkry vir ’n groot deel van die bevolking. Die Reformed Church in Zimbabwe en die CCAP (Kerk in Midde-Afrika) Harare speel ’n belangrike rol om lidmate te ondersteun. Die CCAP Harare vier sy 100-jarige bestaan in Mei. Ds. Vlok het in 1912 met sendingwerk onder Malawiese trekarbeiders in Salisbury begin werk.
Malawi – Die wêreldwye ekonomiese knapte het ’n reuse invloed op Malawi. Die land ondervind ergerlike brandstoftekorte, kospryse skiet die hoogte in en die geldeenheid, die Kwacha, verloor sy waarde. Die CCAP Nkhoma met hul 145 gemeentes trek swaar, maar speel ’n belangrike rol om lidmate te bemoedig.
Mosambiek – Die Igreja Reformada em Mozambique is ’n jong kerk met groot uitdagings in ’n snelontwikkelende land. By Tête in die noorde is groot steenkool- en minerale neerslae ontdek en duisende mense stroom daarheen. Dit bied groot uitdagings vir die kerk daar.
Bid asb vir ons broers en susters in hierdie lande met wie ons as NGK-familie al langer as ‘n eeu verbintenisse het. Lees ook gerus meer van hierdie bedieninge op ons webwerf by www.kga.org.za.
VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012
Diakens:
Wyk 3 – Dirk Laubscher
Hertzog – Johann Swart
Dukes – Johan Lourens
Dienswerker:
Wyk 29 – Margaretha Volschenk