Deur : Skriba / May 29th, 2015
JUNIE – SPESIALE DANKOFFERMAAND: U diaken / dienswerker kollekteer nie Junie nie, maar sal vir u ‘n dankofferkoevert gee wat u gedurende Junie na die kerk of die kerkkantoor kan bring. 2 Kor 9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”
DISSIPELSKAP: ‘n “Ontdekkersbybelstudie” word as deel van ons “Dissipelskap 2015 tema” v/a 4 Junie om 19:00 – 20:00 in die kerksaal aangebied. Dit is ‘n nuwe Bybelstudiemetode om meer te ontdek oor God, myself en wat ek moet doen. Belangstellendes kontak asb die kerkkantoor. Dit is ‘n handige metode om sonder ‘n handleiding Bybelstudie te doen.
MOTORFIETSRIT NA ELANDSBAAI 5 – 6 JUNIE: Ons vertrek Vry 5 Junie om 13:00 v/a Die Sentrum. Arriveer Sat in die namiddag in Elandsbaai en bly oor in ‘n gastehuis @ R220-00 pp (beddegoed ingesluit). Bevestig met Bennie Smith 083 651 3305 en betaal in by Wellington-Oos se kerkkantoor voor 2 Junie 12:00. Daar is slegs plek vir 15 persone.
WOEKER VIR BASAAR BY WILDSFEES: Gemeentelede asook basaarsameroepsters wat graag Vrydagaand 14 Aug wil woeker vir hul basaartafels, moet asb. voor Dinsdag 2 Jun om 12:00 die kerkkantoor kontak.
HUWELIK MET VONK: Word elke Woensdagaand v/a 3 – 24 Junie om 19:00 in Die Sentrum aangebied deur ds Jan. Die onderwerpe wat behandel gaan word is “Grotman of Droomman” / “Vrotvrou of Droomvrou” / “Een, maar nie eenders” en “Panado asb”. Belangstellendes moet asb hulle name deurgee aan die kerkkantoor.
JAARLIKSE OSBRAAI: Vind weer plaas op 20 Junie vanaf 18:00. Die spyskaart is wit en rooiwyn, daardie heerlike spitgebraaide beesboude, gegeurde rys, kerrieperskes, roosterkoek, patatrol, koejawelpoeding en koffie. Kaartjies @ R60 elk is beskikbaar by die diakens en kerkkantoor. Vir navrae skakel Danie Theart 084 517 2610.
SOSATIES & QUICHE: Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Aangesien die skole Vrydag 26 Junie sluit, is die vlg datum vir verkope Donderdag 25 Junie. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 8730 565.
VROUEKAMP 2015: Vind plaas v/a 31 Jul – 2 Aug by Kleinmond. Koste is R300.00 pp wat verblyf en etes insluit (eie vervoer). Ons spreekster is Christa Theron. Hou die datum oop en hierdie spasie dop vir meer inligting rondom Christa se tema.
SNOEKFEES 1 AUG TE MIDDELBURG: Lidmate wat wil saamgaan, skakel asb die kerkkantoor. Daar is plek vir slegs 14 gaste wat wil saamgaan na Middelburg.
NOODKAS: Tans is voorraad min en behalwe vir rys, pasta en sopmengsel sal enige bydraes waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.
NUUS VAN MAKHATHINI: Almal wat die Donderdag van Pinkster die besoek van Louwrens van der Westhuizen en sy span meegemaak het, sal saamstem dat dit goed was om die mense te sien wat ons gemeente ondersteun en om te hoor hoe die werk vorder.
Intussen het Louwrens-hulle veilig by die huis aangekom na ’n reis van meer as 4,500 km en besoeke aan die gemeentes van Victoria-Wes, Hartenbos, Oudtshoorn-Wes, Groot-Brakrivier, Danabaai, Vredendal, Wellington-Oos en Kylemore. Ons is jammer dat Louwrens langs die pad teenspoed met sy voertuig gehad het. Die herstelkoste was meer as R23 000-00. Daar is mense wat hand in die sak steek om hiermee te help. Dalk voel jy geroepe om ook by te dra. Onthou om gereeld vir die belangrike werk in Makhathini te bid. Die Here bring nuwe lewe in daardie deel van ons land!
AMOSSTRAATMARK: Saterdag 6 Junie 2015 v/a 06:30 op die Ou Koöperasie se stoep onder die Spur in die Strand. Vir navrae kontak Petro Rossouw 022 921 2169.
Moenie vergeet van die kerk se facebook-bladsy. Kliek hier om aan te sluit.