Auto Draft

Deur : Skriba  /  July 19th, 2016

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER

 

Daar bestaan `n dringende behoefte onder die straatmense vir die volgende:

  1. Warm komberse
  2. Breipenne en wol. (Hulle kan brei en wil graag vir hulself iets brei.)
  3. Enige naaldwerktoerusting en materiaal.

(Ons het ‘n naaldwerkmasjien tot ons beskikking.)

  1. Enige klein bietjies orige verf.
  2. Skenking van waspoeier. Hul wasgoed word gratis gewas (outomatiese wasmasjien).

 

 

ANGS EN DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

 

Hoe benader jy die toekoms?  Is aftrede ‘n saak wat jou nie eintlik raak nie?  Op 20 Julie 2016 om 19:15 gaan Christo Visser meer oor dié belangrike saak vir ons kom vertel in sy praatjie: Aftrede en Depressie.  So gaan ons dus leer dat daar soms vriende saam met aftrede aan ons deur kom klop.  Christo is ‘n maatskaplike werker en het sy praktyk in die Paarl. Sy hart klòp vir sy medemens en dis ‘n voorreg om na hom te kan luister.

 

Koffie en tee sal met liefde saam met ‘n eetdingetjie aangebied word.  Ons kom bymekaar in die Marthasaal, oorkant die landdroskantoor.

 

 

AFVAL PAPIER EN KOERANTE

 

Hiermee net `n herinnering om asseblief al u afval papier en koerante in die “bin” voor die kerkkantoor te gooi.  Dit word opreg waardeer.

 

ALGEMEEN

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus tot 22 September.  Die reeks handel vanjaar oor die Bergpredekasie (Mat 5:3-11).  Boekies en dvd’s is te koop by die kerkkantoor.

 

SILWERKRUIN

Silwerkruin hou hierdie jaar ‘n vonkelontbyt op 20 Augustus 2016 as een van hul fondswerwingfunksies vir die jaar.

 

Dr Pieter Barnard kom gesels met paartjies oor hoekom dink/voel jy so? Verstaan mekaar se filters!!  Kaartjies is R150p/p wat ‘n 3 gang ontbyt asook vonkelwyn insluit.

 

Hulle is asb opsoek na gasvrouens vir tafels van 10 persone, kontak Melanie Crozier by 021 873 1040, indien u belangstel om ‘n tafel te neem. Al verwagting van die gasvrou is om die kaartjies vir haar tafel te verkoop, die res doen Silwerkruin self.

 

Dit beloof om ‘n heerlike oggend te wees en  hul sien uit daarna om u daar te hê.

 

VROEË KIND ONTWIKKELING

 

Almal wat belangstel in ‘n verdere gesprek oor ons gemeente en lidmate se betrokkenheid by vroeë kind ontwikkeling, word uitgenooi na die volgende gespreksgeleentheid op Woensdag 20 Julie om 19:00 in die gemeentesentrum. Vir navrae kontak Ryk van Velden by 0828574368.

 

KAIROS KURSUS

 

Ryk van Velden bied weer die gewilde Kairos kursus oor lidmate en gemeentes se betrokkenheid by wêreldsending vanaf 27 Julie in die Paarl aan. Enige persoon wat wil inskryf of meer inligting oor die kursus verlang, moet asb. vir Ryk kontak:  0828574368.

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar  vanaf 5 – 7 Augustus plaas.  Die tema is “Op reis met God”  Kom nes jy is ….. ontdek wie jy is … word wie jy kan wees!  Ons gaan weer Strand toe en sal woonagtig wees in die Zikomo woonstelle.  Kostes beloop R400 p/p.  Inskrywings is beskikbaar by die kerkkantoor en moet plaasvind voor of op 22 Julie 2016.

In die Nuus