Auto Draft

Deur : Skriba  /  July 23rd, 2016

JEUG AKTIWITEITE

 

Skool is weer volstoom aan die gang en ons program is weer as volg:

 

Woensdag, 27 Julie 2016:

 

KIX 16:00 – 17:00

TEKKIES  17:30 – 18:30

GR 7’S  17:30 – 18:30

 

VROUE VROLIKHEID

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar vanaf 5 – 7 Augustus plaas.  Die tema is “Op reis met God” Kom nes jy is ….. ontdek wie jy is … word wie jy kan wees!  Ons gaan weer Strand toe en sal woonagtig wees in die Zikomo woonstelle.  Kostes beloop R400 p/p.  Inskrywings is beskikbaar by die kerkkantoor en moet plaasvind voor of op 26 Julie 2016.

 

ALGEMEEN

 

KOSKAS

Daar word weer dringend voorraad benodig vir die koskas – u bydrae sal opreg waardeer word.

 

SUNFIELD HOMES

Vir vrouedag bied Sunfield Homes `n praatjie aan met die tema “Uit die huis van vrees na die huis van liefde”. Dit vind plaas op Dinsdag, 9 Augustus vanaf 10:00 – 12:00 by Nelsons Creek.  Kaartjies is beskikbaar teen R100 elk.  Vir verdere navrae of indien u sou belangstel om as gasvrou op te tree en `n tafel van 10 vol te maak, kontak Ilse Human by 087 231 7260.

 

VROEË KIND ONTWIKKELING

Vredelust Embrace bied `n inligtingsaand op Maandag, 25 Julie’16 om 18:30 by Vredelust Gemeente, Boston, Bellville.  Vir verdere navrae, kontak Sonja Basson by 021 950 4441

 

INTERKERKLIKE GEBEDSBYEENKOMS

Daar vind `n byeenkoms plaas op Maandag, 25 Julie’16 vanaf 19:00 – 20:00 by die Andrew Murray Sentrum

 

VREUGDEDIENS

Die vreugdediens vergader Woensdag, 27 Julie 2016 om 10:00 by Hetta Cloete se huis, Sarembockstr. 12

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus tot 22 September.  Die reeks handel vanjaar oor die Bergpredekasie (Mat 5:3-11).  Boekies en dvd’s is te koop by die kerkkantoor.

 

SILWERKRUIN

Silwerkruin hou hierdie jaar ‘n vonkelontbyt op 20 Augustus 2016 as een van hul fondswerwingfunksies vir die jaar.

 

Dr Pieter Barnard kom gesels met paartjies oor hoekom dink/voel jy so? Verstaan mekaar se filters!!  Kaartjies is R150p/p wat ‘n 3 gang ontbyt asook vonkelwyn insluit.

 

Hulle is asb opsoek na gasvrouens vir tafels van 10 persone, kontak Melanie Crozier by 021 873 1040, indien u belangstel om ‘n tafel te neem. Al verwagting van die gasvrou is om die kaartjies vir haar tafel te verkoop, die res doen Silwerkruin self.

 

Dit beloof om ‘n heerlike oggend te wees en hul sien uit daarna om u daar te hê.

 

KAIROS KURSUS

 

Ryk van Velden bied weer die gewilde Kairos kursus oor lidmate en gemeentes se betrokkenheid by wêreldsending vanaf 27 Julie in die Paarl aan. Enige persoon wat wil inskryf of meer inligting oor die kursus verlang, moet asb. vir Ryk kontak:  0828574368.

 

AFVAL PAPIER EN KOERANTE

 

Hiermee net `n herinnering om asseblief al u afval papier en koerante in die “bin” voor die kerkkantoor te gooi.  Dit word opreg waardeer.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

MOSLEMBEDIENING

Die Moslembediening-projekspan bied ‘n FONDSINSAMELINGS-ETE aan vir Wessel en Lome Cronje ter stuiwing van hulle BOUFONDS. Dit vind plaas op Sondag 21 Augustus by Drakenstein Kerksaal.  Kaartjies is R80 per persoon en daar is wegneem-etes en aansit-etes beskikbaar. Kontak vir Lona Liebenberg by 082-3820625 of Drakenstein Kerkkantoor by 021-8728242 vir kaartjies.  Baie dankie vir jou ondersteuning.

G-VOUCHER

 

Daar bestaan `n dringende behoefte onder die straatmense vir die volgende:

  1. Warm komberse
  2. Breipenne en wol. (Hulle kan brei en wil graag vir hulself iets brei.)
  3. Enige naaldwerktoerusting en materiaal.

(Ons het ‘n naaldwerkmasjien tot ons beskikking.)

  1. Enige klein bietjies orige verf.
  2. Skenking van waspoeier. Hul wasgoed word gratis gewas (outomatiese wasmasjien).

 

In die Nuus