Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 25th, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

NUWE OGGENDDIENS TYD

Neem asseblief kennis dat die oggenddiens tyd verander na 09:00 vanaf 2 Oktober 2016.

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Ons het verlede Dinsdagoggend van 09:30 – 11:30 begin met ons Immergroen Ouerskapkursus. Op 13 Oktober begin  die tweede groep op Donderdagaande om 18:30 – 20:30 in die Sentrum.  Inskrywingsvorms en volledige inligting by Adell Erasmus beskikbaar – 082 925 7190.

SPESIALE KERKRAADVERGADERING

Daar sal vanoggend ‘n spesiale KR vergadering wees direk na die oggenddiens in die Konsistorie.

 

ALLE DIAKENS EN DIENSWERKERS

Die gemeentefees ete kaartjies is gereed vir afhaal na die oggenddiens by Carien in haar kantoor langs die Sentrum, asook tydens kantoorure.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

GEEN TEKKIES EN KIX

 

FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016

Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas.  Indien jy belangstel om deel te neem –daar is inskrywingsvorms by die 3 kerkkantore en hoërskool beskikbaar.

 

NIEU-BETHESDA UITREIK 2016

Ons vertrek op 3 Oktober! Ons benodig nog gebruikte klere en boeke asb.  Indien u ‘n briefie, geskenk of bydrae vir Ds Charl du Toit en Belinda wil stuur kan u dit by die kerkkantoor afgee. Navrae Adell 082 915 7190.

 

KINDERDANKOFFER SONDAG

Dit is vandag kinderdankoffer, ‘n dankoffer tot Eer van die Here!  Koevertjies kan vir Kategete gegee word.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER

G-Voucher helpers en alle belangstellendes vergader op Woensdagaand 28 September om 18h00 by terrein langs Moederkerk, om die ‘inligtingsdroogte’ te verbreek.   Ons wil uitvind hoe sake tans staan t.o.v. die nagskuiling, kosvoorsiening, woordbediening, klerebank, tuin en finansies.  Vir verdere navrae, kontak Carina Theron by 021 8642 529 / 084 2884 259 of Cliford Asia by 078 866 2439.

Dringende benodigdhede vir die G-Voucher projek – hoender, rys, pasta, speserye, groente en pakkies sop.

 

ALGEMEEN

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak.    Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee sodat hulle daardeur met hulle families kontak kan maak oor die Kerstyd.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar kan wees en hulle nie.  Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier.  Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie.  (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

GALA KONSERT

Hugenote Hoërskool se Galakonsert vind plaas op 27 Sept’16 om 19:00 in Moedergemeente se kerksaal. Vir navrae kontak Johan Enslin by 074 359 8069.

 

KERSSANGDIENS 2016

Soos verlede jaar, gaan ons weer ‘n koor saamstel vanuit die hele dorp.  Ons benodig weer vrywilligers wat op Maandagaande sal kom saam oefen vir die jaar se kerssangdiens.  Die eerste oefening sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot en met die kerssangdiens.  Stuur asb vir Johann Enslin ‘n e-pos/sms/whatsapp om jou naam op die lys van lede te voeg:  074 359 8069 of jenslin@hugenoteskool.co.za

 

 

In die Nuus