Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 30th, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Ons het voorverlede Dinsdagoggend van 09:30 – 11:30 begin met ons Immergroen Ouerskapkursus. Op 13 Oktober begin  die tweede groep op Donderdagaande om 18:30 – 20:30 in die Sentrum.  Inskrywingsvorms en volledige inligting by Adell Erasmus beskikbaar – 082 925 7190.

 

SPESIALE KERKRAADVERGADERING

Daar sal op 16 Oktober, ‘n spesiale KR vergadering wees direk na die oggenddiens in die Konsistorie.

 

ALLE DIAKENS EN DIENSWERKERS

Die gemeentefees ete kaartjies is gereed vir afhaal by Carien in haar kantoor tydens kantoorure.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

GEEN TEKKIES EN KIX

 

NIEU-BETHESDA UITREIK 2016

Ons vertrek môre oggend om 05:00! Hiermee wil ons almal bedank vir hul gebede en ruim bydrae tot ons en Nieu-Bethesda se kinders se behoeftes.

 

GRAAD 1 – 3 KAMP

Die kamp vind plaas vanaf 21 tot 22 Oktober 2016.  Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER

 

Dringende benodigdhede vir die G-Voucher projek – hoender, rys, pasta, speserye, groente en pakkies sop.  Vir verdere navrae, kontak Carina Theron by 021 8642 529 / 084 2884 259 of Cliford Asia by 078 866 2439.

KOSKAS

Enige bydrae sal baie waardeer word!

 

ALGEMEEN

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak.    Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee sodat hulle daardeur met hulle families kontak kan maak oor die Kerstyd.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar kan wees en hulle nie.  Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier.  Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie.  (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

 

KERSSANGDIENS 2016

Soos verlede jaar, gaan ons weer ‘n koor saamstel vanuit die hele dorp.  Ons benodig weer vrywilligers wat op Maandagaande sal kom saam oefen vir die jaar se kerssangdiens.  Die eerste oefening sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot en met die kerssangdiens.  Stuur asb vir Johann Enslin ‘n e-pos/sms/whatsapp om jou naam op die lys van lede te voeg:  074 359 8069 of jenslin@hugenoteskool.co.za

 

In die Nuus