Deur : Skriba / October 28th, 2016
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE NUUS
NJ is van 1 – 3 November by ‘n predikantebegeleiding op Volmoed naby Hermanus.
Jan is van 7 – 10 November by `n Buitengewone Algemene Sinode vergadering in Hatfield.
VERKOSE KERKRAADSLEDE
OUDERLINGE:
Wyk 21 – Henk Paxton, Laer Uitsig – Drikus Kotzé
DIAKENS:
Wyk 4 – Johan Labuschagne, Uitsig-Noord – Hendri van Loggerenberg
GEMEENTE BASAAR, 5 NOVEMBER 2016
Kom ons vier fees tot eer van die Here. Indien u wil help, skakel asseblief met u sameroepster van u groep se tafel – u kan die inligting op die kalender onder gemeentefees kry. U Ouderling sal/het u besoek met `n basaarlys, waarop u `n kontantbydrae kan gee of bestanddele vir `n tafel. Die aand se hoenderbraai kaartjies is beskikbaar by u Diaken of die kerkkantoor.
LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS
Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.
FAMILIENUUS
Alle bydrae tot die familienuus moet asb die kerkkantoor teen 6 November bereik.
JEUG AKTIWITEITE
TEKKIES EN KIX
Woensdag 2 November 2016
KIX 16:00 – 17:00 (Jona – God vra gehoorsaamheid)
TEKKIES 17:30 – 18:30 / GR 7’S 17:30 – 18:30 (Dink voor jy doen)
ALGEMEEN
GOSPEL & GOLDEN OLDIES KONSERT
Tommy Oliver en Karen K tree op in ons kerksaal op 11 November om 19:00 – kaartjies is te koop teen R50 by die kerkkantoor en Wellington Slaghuis – moet dit nie misloop nie!
KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier. Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)
GEMEENTE BASAAR
GROOT KOEKE TAFEL
Daar word baie dringend bestanddele benodig vir bg tafel, bv suiker, meel, versiersuiker, margarine, kondensmelk, bakpoeier, kakao, ens. Dit kan afgegee word by die kerkkantoor.
KONSERT
Alle grootmense en kinders – indien u sou belangstel om in die verskeidenheid gemeente konsert deel te neem of `n item wil lewer, kontak Adell by 082 925 7190.
OLIFANTTAFEL
Indien u bruikbare items en tuintoerusting het waarvoor daar nie plek is, bring dit gerus na die kerkkantoor vir ons Olifanttafel tydens ons gemeente basaar – kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 vir verdere inligting.
GEMEENTE BASAAR – KINDERTAFEL
Alle produkte vir die kindertafel kan reeds Vrydag, 4 Nov. om 16:00-17:30 afgegee word by die Sentrum. Ons benodig asb. kondensmelk & versiersuiker vir die maak van fudge. Kontak Veronica Basson by 0846643895 vir enige navrae.
SUURLEMOENE GESOEK:
Ons benodig suurlemoene om lemonade te maak vir die basaar. Kontak asb vir Lennox Ochse by 0798921988
NUWE LIDMATE
Die volgende lidmate se Attestate is ontvang – baie welkom aan Rudi & Madelyn Goosen en hul kinders Ruan & Jeandré, asook Hendri & Marzanne v Loggerenberg en hul kinders Reuben & Laubscher.