Deur : Skriba / November 4th, 2016
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE NUUS
Jan is van 7 – 10 November by `n Buitengewone Algemene Sinode vergadering in Hatfield.
VERKOSE KERKRAADSLEDE
OUDERLINGE:
Wyk 21 – Henk Paxton, Laer Uitsig – Drikus Kotzé, Hertzog – Gerrit Hickman
DIAKENS:
Wyk 4 – Johan Labuschagne, Uitsig-Noord – Hendri van Loggerenberg
LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS
Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.
FAMILIENUUS
Alle bydrae tot die familienuus moet asb die kerkkantoor teen 6 November bereik.
JEUG AKTIWITEITE
TEKKIES EN KIX
Woensdag 9 November 2016
KIX 16:00 – 17:00 (Ester – Op die regte tyd en plek)
TEKKIES 17:30 – 18:30 / GR 7’S 17:30 – 18:30 (As ek verkeerd kies)
ALGEMEEN
GOSPEL & GOLDEN OLDIES KONSERT
Tommy Oliver en Karen Kay tree op in ons kerksaal op 11 November om 19:00 – kaartjies is te koop teen R50 by die kerkkantoor en Wellington Slaghuis – moet dit nie misloop nie!
KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier. Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)
GEMEENTEFEES
Baie dankie vir almal se ruim harte tydens ons gemeentefees van Saterdag. Dit word opreg waardeer.
KERSFEESPAKKIES
Die Barmhartigheidsbediening wil graag vir 18 behoeftige inwoners van Silwerkruin (10 dames en 8 mans), asook Huis Lizelle (13 dames en 2 mans) `n toiletware pakkie gee. Enige bydrae is welkom en kan by die kerkkantoor afgegee word. Vir verdere navrae, kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 / 021 864 1122.
VROUEDIENS
Indien enigeen wil betrokke raak by die vrouediens se bedieninge, kontak asseblief die kerkkantoor.
SUNFIELD KERSFUNKSIE
Indien u wil sien hoe die gesiggies van die inwoners ophelder as Kersvader kom kuier, kan u gerus op Donderdagaand om 20H00 `n besoek by Sunfield maak.
NUWE LIDMATE
Die volgende lidmate se Attestate is ontvang – baie welkom aan Danie en Sandra Groenewald en hul seun Waldo van Richelieu en Jorien Barnard van Krommerivier.