Auto Draft

Deur : Skriba  /  December 2nd, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

Ds NJ is van 27 Desember’16 tot 10 Januarie’17 met verlof.

 

Ds Jan is gedurende Desember’16 met Sabbatsverlof.

 

Die kerkkantoor sal gesluit wees vanaf 19 Desember 2016 tot 2 Januarie 2017 en sal heropen op 3 Januarie 2017.

 

Die kalenders en familienuus is beskikbaar en sal deur u Ouderling uitgedeel word.

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS

(nie uitnaweke en skoolvakansies)

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

AANDAG GRAAD 7’S VAN 2017!

Ons hou Avontuurkamp in Montague 20, 21 en 22 Januarie 2017.  Ons tema: Merke, gereed, LEEF!  “Voorbereid vir die uitdagings van my groot jaar.”  R300 per kind.  Plek vir 20! Ons gaan swem, trekker ry en alles wat lekker is doen.

Volledige inligting by Tannie Adell!

 

ALGEMEEN

 

GEROEP TOT DIENS VIR DIE HERE?

Indien jy geroepe voel om betrokke te raak by Kinder- en jeugbediening van ons gemeente, meld asb. aan.  Vir 2017 het ons nog hulp nodig met: Peuterkerk leier, Kategete vir Junior en Senior klasse, Hulp met Midweekbediening.  Kontak Adell  by 082 925 7190, indien jy kans sien .

 

EERSTEJAARSKAMP

Die Kruiskerk, Stellenbosch bied `n Eerstejaarskamp aan vanaf 15 – 18 Januarie 2017 by Bergkroon, Wellington.  Vir navrae, gaan na hul webwerf kruiskerk.com/registrasie/eerstejaarskamp 2017.

 

KERSFEESPAKKIES

Die Barmhartigheidsbediening wil graag vir 18 behoeftige inwoners van Silwerkruin (10 dames en 8 mans), asook Huis Lizelle (13 dames en 2 mans) `n toiletware pakkie gee.  Enige bydrae is welkom en kan by die kerkkantoor afgegee word.  Vir verdere navrae, kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 / 021 864 1122.

 

GLASFLESSE

Ons benodig glasflesse vir volgende jaar se Wilds-en Gemeentefees en kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

KERSFEESPAKKIES

Die Barmhartigheidsbediening wil graag vir 18 behoeftige inwoners van Silwerkruin (10 dames en 8 mans), asook Huis Lizelle (13 dames en 2 mans) `n toiletware pakkie gee.  Enige bydrae is welkom en kan by die kerkkantoor afgegee word.  Vir verdere navrae, kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 / 021 864 1122.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie, baie dankie aan elkeen wat vanjaar op u eie unieke manier Kerskaartjies vir die Gevangenes gemaak het of seels geskenk het.    Ons waardeer regtig u samewerking en bereidwilligheid om vir iemand wat in ‘n baie onbenydenswaardige posisie is, iets te beteken oor die Feesgety.   Ons het meer as 1200  kaartjies gekry wat uitgedeel kon word aan Hawequa Gevangenis (Wellington)  en omliggende gevangenisse.

 

G-VOUCHER

SPORTDAG – AANSIT ETE – KERSBOODSKAP, VRYDAG 23 DESEMBER 2016

 

Ons sal dit waardeer indien u kan help op hierdie dag, nie net met die bedien van die kos nie, maar om te deel in die dag se aktiwiteite en saam met hulle te eet, wat jou met ander oë na ons straatmense sal laat kyk.  Die volgende word benodig:

Hoender, 1 sak aartappels, 3 pakke gevriese groente, geurblokkies (stock), uie, 5kg rys, 2 pakkies spice for rice, “suckers” – (Surf, Twice as Nice, Chocolina), pruime/perskes, paar pakke lekkers, sap vir ete en tydens sport, pakkies chips of ander soutigheid, plaatkoek of muffins of ander koekies, servette, hulp met tafels dek, versier, opskep, bedien, opwas en hulp met sportaktiwiteite & kontant donasies.

Laat weet asb vir Steenkamp Claassen by 083 650 8104 / Carina Theron 084 288 4259 / Clifford Asia 078 866 2439 so spoedig moontlik waar u van hulp kan wees.  Die beloofde bydraes moet ook asb nie later as WOENSDAG 21 DESEMBER by Voucher terrein besorg word nie.   Bederfbares soos vrugte en koek kan die Donderdag of Vrydag afgelewer word.   Kontak ons indien u dit nie self kan bring nie.

 

RESEPTEBOEKIES

Min- Moeite – Maaltye. Die Duvetprojek gee die boekie uit @ R45 en is beskikbaar by die Kerkkantoor. Met elke boekie wat u koop (dalk as Kersgeskenk? ) borg u ‘n ‘inner’ vir 2017 se winter.

 

MAALVLEIS EN WORS

Daar is nog maalvleis teen R60 p/kg en wors teen R70 p/kg beskikbaar by die kerkkantoor en saans tussen 18:00 en 19:00 in die Sentrum.

In die Nuus