Auto Draft

Deur : Skriba  /  January 13th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

Ds Jan is 16 en 17 Januarie in Hermanus met Sinode vergaderings.

 

Die kalenders en familienuus is beskikbaar en sal deur u Ouderling uitgedeel word.

 

KERKRAADSVROUE EN VROUENS VAN DIE KERKRAAD

Ons kom vanaand direk na die aanddiens in die kerk bymekaar vir 10 minute vir `n inligtingsessie.

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS

(nie uitnaweke en skoolvakansies)

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

HULP MET KINDERBEDIENING

Indien jy voel om in te skakel by kinderbediening op Sondae of Woensdae, kontak gerus vir Adell Erasmus 0829257190.

 

WEEK VAN VERNUWING

Die week van vernuwing vind plaas vanaf 29 Januarie tot 1 Februarie.  Ons fokus vanjaar op gebed vir ons dorp, ons land en die wêreld, saam met die ander NG gemeentes op die dorp.  Maandag tot Woensdag kan u op u eie in stilte in die kerk kom bid.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

AANDAG GRAAD 7’S VAN 2017!

Ons hou Avontuurkamp in Montague 20, 21 en 22 Januarie 2017.  Kom kuier en leer saam met jou graad 7 vriende op die plaas  vaardighede aan om die jaar reg aan te pak.  R300 per kind.  Plek vir 20!  Navrae en inligting by tannie Adell 082 925 7190.

PA EN KIND KAMP

Die pa en kind kamp vind plaas vanaf 20 – 23 Januarie 2017 by Jamaka in die Cederberge.  Kinders wat swot is ook nog kinders.  Kontak Lennox by          079 8921988

GR 4 – 7 KAMP

Vrydag 10 Februarie tot Sondag, 12 Februarie.  HOU HIERDIE SPASIE DOP VIR INLIGTING!

HUIS ANDREW MURRAY KINDERHUIS

Opsoek na vrywilligers wat op `n weeklikse basis (90 min `n week) kan help met huiswerk.  Kontak Liezel by 083 291 7228 voor 18 Januarie 2017.

Faktotum pos beskikbaar – kontak die kinderhuis by 021 873 3834 vir meer inligting.

 

VROUEDIENS

Die vrouediens skop af op 26 Januarie om 19:00.  Kom verfris jou siel met `n lekker kuieraand by La Rochelle Gastehuis.  Alle vroue lidmate word dus uitgenooi na hierdie geleentheid.  Bring sommer `n vriendin ook saam.

 

KERSFEESPAKKIES&NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening wil u graag bedank vir al die bydraes vir Silwerkruin en Huis Lizell se kerspakkies, asook baie dankie vir al die ruim bydraes vir die noodkas.

 

GLASFLESSE

Ons benodig glasflesse vir volgende jaar se Wilds-en Gemeentefees en kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Op Saterdag, 25 Februarie hou ons DV `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

G-VOUCHER

Dit is weer vanaf 16 – 20 Januarie NG Kerk Wellington-Oos se diensbeurt by die G-Voucher projek.  Indien u kan help gedurende hierdie tyd, kontak vir Steenkamp Claassen by 0836508104.

 

RESEPTEBOEKIES

Min- Moeite – Maaltye. Die Duvetprojek gee die boekie uit @ R45 en is beskikbaar by die Kerkkantoor. Met elke boekie wat u koop borg u ‘n ‘inner’ vir 2017 se winter.

 

MAALVLEIS EN WORS

Daar is nog maalvleis teen R60 p/kg en wors teen R70 p/kg beskikbaar by die kerkkantoor.

 

JONGWERKENDES

Die Jongwerkendes kom Woendagaand om 19:00 in Van der Merwestraat 27 bymekaar.  Skakelpersoon is Nina Oberholzer (072 888 0266).

In die Nuus