Auto Draft

Deur : Skriba  /  January 23rd, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

AANDDIENS – 22 Januarie

Tydens die aanddiens ontvang ons terugvoer en getuienisse na aanleiding van die belewenis wat ondervind is tydens die brande.

 

DANKIE DANKIE DANKIE

Ons wil graag vir ieder en elk `n groot dankie sê vir al die ondersteuning, hulp en gebede tydens die brande.

 

Die kalenders en familienuus is beskikbaar en sal deur u Ouderling uitgedeel word.

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS

(nie uitnaweke en skoolvakansies)

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

HULP MET KINDERBEDIENING

Indien jy voel om in te skakel by kinderbediening op Sondae of Woensdae, kontak gerus vir Adell Erasmus 0829257190.

 

WEEK VAN VERNUWING

Die week van vernuwing vind plaas vanaf 29 Januarie tot 1 Februarie om 19:00 in die kerk.  Die drie NG gemeentes fokus vanjaar op gebed vir ons dorp, ons land en die wêreld.  Sondag bid ons vir ons gemeente, Maandag vir die dorp, Dinsdag vir die land en Woensdag vir die wêreld.  Daar sal soggens om 10H00 geleentheid wees vir stilgebed in die kerk.

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Ons begin die eerste week van Februarie op Donderdae weer met ons Immergroen Ouerskapkursus. Inskrywingsvorms en volledige inligting is by Adell Erasmus beskikbaar – 082 925 7190.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

GR 4 – 7 KAMP

Vrydag 10 Februarie tot Sondag, 12 Februarie.  HOU HIERDIE SPASIE DOP VIR INLIGTING!

 

FLIEKAAND

Barmhartigheidsbediening bied `n buitelug fliekaand op 3 Februarie aan by die kerk.  Die opbrengs gaan na die Noodkas.  Toegang – R50 volwassenes, R20 kinders.  Die fliek wat vertoon word is “Miracles from Heaven”.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, Salon La Papillon en Barmhartigheidslede.  Volledige inligting sal volgende week volg.

 

 

VROUEDIENS

Die vrouediens skop af op 26 Januarie om 19:00.  Kom verfris jou siel met `n lekker kuieraand by La Rochelle Gastehuis (langs Laerskool Hugo Rust).  Margaux Malan gaan ons wenke gee hoe om hierdie jaar positief aan te pak.  Alle vroue lidmate word dus uitgenooi na hierdie geleentheid.  Bring sommer `n vriendin ook saam.

 

 

TRAUMA – ONTLONTING EN DEBRIEFING

‘n Kompakte Werkswinkel om jou toe te rus met die basiese verstaan van en stappe om te volg met mense wat getraumatiseerd is. Enigeen kan ‘n reuse verskil maak deur ‘n paar basiese dinge te verstaan en reg te hanteer!  Donderdagaand 2 Februarie by Moederkerk Gemeentesentrum 7-9nm Kontak Kobus Mouton teen Maandag 30 Januarie. Dit is gratis – ‘n donasie sal welkom wees.

 

 

GLASFLESSE

Ons benodig glasflesse vir hierdie jaar se Wilds-en Gemeentefees en kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Op Saterdag, 25 Februarie hou ons DV `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

 

RESEPTEBOEKIES

Min- Moeite – Maaltye. Die Duvetprojek gee die boekie uit @ R45 en is beskikbaar by die Kerkkantoor. Met elke boekie wat u koop borg u ‘n ‘inner’ vir 2017 se winter.

 

 

LIDMAAT PREDIKING KURSUS

Die kursus word aangebied op 17 – 18 Februarie by Brackenfell-Wes gemeente.  Vir enige navrae kontak Dr Guillaume Smit (NGK) – ghsmit@telkomsa.net of Ds Brian Handel (VGKSA) – brian.handel123@gmail.com.

In die Nuus