Deur : Skriba / March 10th, 2017
UIT DIE KANTOOR
TERREINBESTUURDER
Die Terreinbestuurder (Chris Bester) is daagliks beskikbaar by die kerk tussen 07:00 en 13:00 en kan gekontak word by 083 776 1021.
KOFFIE TYDENS AANDDIENS
Daar sal vanaand geen koffie wees tydens die aanddiens, a.g.v die gemeente-ete en aandnagmaal wat plaasvind. Daar sal weer koffie voorsien word na die uitnaweek.
FAMILIENUUS
Alle bydraes kan na die kerkkantoor gestuur word.
VERKOSE KERKRAAD
OUDERLINGE Die volgende persone word voorgestel: Wyk 22 – Ansie Rossouw, Groenberg – JC Muller en Stefan Viljoen as Geestelike versorgers, Uitsigpark – Olivia Keyser DIAKENS Die volgende persone word voorgestel: Wyk 7 – Ruani Visser, Onder Berg en Dal – Danie Blom DIENSWERKERS Die volgende persone word voorgestel: Onder Berg en Dal – Eileen Abrahams, Spruitrivier – Fienie Buys, Wyk 21 – Elsabe Paxton.
JEUG AKTIWITEITE
YSSKAATS VIR TIENERS
Ons gaan DV Vrydag, 24 Maart ysskaats. R65p/p (Vervoer & ysskaats). Meer inligting volg. Vir navrae, kontak Charl Marais 0824217921 of Ds NJ 084 584 1331.
IMAGINE TIENERKAMP
Vind plaas vanaf 18 – 20 Maart. Kostes beloop R600 (Vervoer ingesluit) Inskrywingsvorms is by skool en kerkkantoor beskikbaar – navrae kan gerig word aan Ds Theo van Zyl – sel 071 363 9446.
MUURPROP
Vind plaas op Donderdae vanaf 18:30 – 20:00 in die Sentrum en is `n geleentheid vir tieners tussen 14 en 18, (maar almal is welkom) om saam te groei, leer en God te ervaar. Ons gaan speletjies speel, praise en worship en `n kort boodskap deel!
ALGEMEEN
DEPRESSIE-EN ANGSONDERSTEUNINGSGROEP
Vind plaas Dinsdagaand 14 Maart 2017 in die Marthazaal, Wellington die spreker is Christo Visser en die onderwerp Post Partum Depressie by Pa’s/
BASAAR
Groep 5 vra enige bydrae t.o.v goeie gebruikte & sagte speelgoed wat hul benodig vir die tombola-tafel.
WINTER STRAATMARK
Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark. Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931. Fondse word aangewend vir die aankoop van doeke.
NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS
Vakature: Kinderwerker
Die ideale kandidaat is ’n NG lidmaat wat toegewyd, bekwaam en pro-aktief is om ’n besonderse bediening aan kinders te lei en te bestuur. Liefde vir kinders, vermoë om kinders te begelei in geloofsgroei- en geloofsekerheid, die bou van verhoudinge en die vermoë om onafhanklik te funksioneer is kritiese aspekte van die pos. ’n Toepaslike akademiese kwalifikasie in Kinder- of Jeugbediening of Onderwys (Voorskool / Grondslagfase / Laerskool) word vereis. Toepaslike ondervinding van ongeveer 3 jaar sal voordelig wees.
Die pligte behels onder andere:
- Aanbied van Kinderkerk (Graad R-3) en die bestuur van Peuterkerk (2-3 jr) en Kleuterkerk (4-5 jr)
- Aanbied en bestuur van Woensdagmiddag se Midweekbediening nl. Kix (gr R – 3), Tekkies (Gr 4 – 6) en Graad 7’s
- Organisering en voorbereiding van alle lesmateriaal
- Aanbied van Kinderpinkster tydens Pinkster
- Aanbied van Bybelskool tydens die Junie/Julie vakansie
- Kinderuitreike
- Reël en aanbied van kampe (Gr 1-7)
- Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die bediening
- Ander verwante take
Rig u gedetailleerde CV aan margaux@ulumahr.co.za of faks na 086 630 4284. CV moet ons bereik voor of op Donderdag, 23 Maart 2017 (17:00). Meld kwalifikasies, ondervinding en ook salaris.