Deur : Skriba / March 17th, 2017
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE NUUS
Ds NJ woon die Imagine Jeugkamp by van 18 – 20 Maart 2017.
Ds Jan is 22 en 23 Maart 2017 met `n VBO Kursus.
GEMEENTE ETE
DANKIE DANKIE DANKIE aan Linda Bruyns en alle hande wat gehelp het om van ons gemeente ete so `n reuse sukses te maak!
FAMILIENUUS
Alle bydraes kan na die kerkkantoor gestuur word.
NUWE LIDMATE
Ons nooi alle nuwe lidmate / intrekkers van die afgelope jaar om op 27 Maart om 19:00 in die Sentrum gesellig saam te verkeer sodat ons mekaar en die leiers van die gemeente beter kan leer ken. Bevestig asseblief met die kerkkantoor per e-pos (skriba@wellingtonoos.co.za) teen 24 Maart 2017.
JEUG AKTIWITEITE
YSSKAATS VIR TIENERS
Ons gaan DV Vrydag, 24 Maart ysskaats. R65p/p (Vervoer & ysskaats). Ons vertrek om 16:30 vanaf die Setrum. Vir navrae, kontak Charl Marais 0824217921 of Ds NJ 084 584 1331.
DINKJEUG
Indien u `n ouer, kategeet of predikant is en hulpmiddels t.o.v. jeug soek, kan u gerus die volgende webtuiste besoek – www.dinkjeug.ngkerk.net.
GOOI EN GESELS SPELETJIE
Hierdie speletjie is spesiaal ontwerp om geloofsgesprekke tussen alle ouderdomsgroepe op `n speelse manier te laat plaasvind en kan bestel word by die Wes Kaap Jeugkantoor.
ALGEMEEN
MISS DEAF SOUTH AFRICA
Indien u enige bydraes wil maak t.o.v. Janie Visser se projek (fondsinsameling vir `n kogliêre inplanting van ‘n 5 jarige seuntjie), kan u dit in die volgende rekening inbetaal: Miss Deaf South Africa, ABSA Centurion, 9311314652, verw. DCC Janie Visser.
ONS GLO
Besoek gerus die webtuiste www.onsglo.co.za waar u gesin, kategese, kleingroep of gemeente die 25 geloofstemas saam kan ontdek. (Die solas van die reformasie)!
HERFSVREUGDE KOOR
Ons is dringend op soek na nog manne vir die koor. Dames is natuurlik ook baie welkom. Onthou, jy hoef nie note te kan lees nie, jy moet net kan sing!!
WINTER STRAATMARK
Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark. Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931. Fondse word aangewend vir die aankoop van doeke.