Deur : Skriba / April 7th, 2017
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE
NJ is met verlof van 1 – 9 April 2017
Jan is met verlof van 10 April – 14 Mei 2017
GEBEDSGELEENTHEID
Op 22 April vind `n gebedsgeleentheid plaas in Bloemfontein. Aangesien almal nie daar teenwoordig kan wees nie, word hier op Wellington ook `n gebedsbyeenkoms deur die kerke gereël. Dit vind plaas by die Moederkerk vanaf 12:00 – 13:00.
PAASNAWEEK EN KRUISKUNS
Gedurende Paasnaweek en tot Pinkster sal die kruisboodskap mbv skilderye in die kerk uitgebeeld word. Tydens die aanddiens van Paassondag gaan ons luister na getuienisse van mense wat die kunswerke gedoen het. Daar sal ook `n “rapper”, Paul Laurence wees, asook gedigte wat voorgelees word. Donderdag 13 April van 19:00 – 20:00 “Kom stel jou in vir Paasnaweek” (Belewing en voorbereiding vir Goeie Vrydag) & Goeie Vrydag nagmaal om 09:00.
KOFFIE TYDENS AANDDIENS
Daar sal weer koffie beskikbaar wees op 23 April, na die skole vakansie!
GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)
Datum: 2-6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.
Etes: Alle etes is ingesluit by die prys. NB!!! Paspoort – Ons begin by Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen. Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.
MAKHATHINI UITREIK
Die uitreik vind plaas vanaf 9-16 Julie 2017 en sal min of meer R 2 000-00 pp kos. Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.
ALGEMEEN
VIER WEESSEUNTJIES VAN KHAYELITSHA
Die Duvetspan soek ‘n gebruikte vingerbord en / of ander speletjies om saam met duvets aan vier weesseuntjies wat in moeilike omstandighede by familie in Khayelitsha woon, te skenk. Weens die taxigeweld kan die kinders dit nie buitenshuis waag nie. As jy kan help, skakel asb vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853.
SPEELGOED VIR TOMBOLA TAFEL
Indien u enige ou bruikbare speelgoed of “soft toys” het wat in u pad is, kan u dit na die kerkkantoor bring, waar Groep 5 dit dan gaan deel maak van die Tombola tafeld tydens die basaar.
WINTER STRAATMARK
Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark. Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931. Fondse word aangewend vir die aankope van doeke.
MISS DEAF SOUTH AFRICA
Indien u enige bydraes wil maak t.o.v. Janie Visser se projek (fondsinsameling vir kogliêre inplanting van `n 5 jarige seuntjie), kan u dit in die volgende rekening inbetaal: Miss Deaf South Africa, ABSA Centurion, 9311314652, verw. DCC Janie