Auto Draft

Deur : Skriba  /  April 21st, 2017

KOFFIE TYDENS AANDDIENS

Daar sal weer vanaand koffie beskikbaar wees op 23 April, na die skole vakansie!

 

GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)

Datum: 2-6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.

Etes: Alle etes is ingesluit by die prys.  NB!!! Paspoort – Ons begin by  Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

MAKHATHINI UITREIK

Die uitreik vind plaas vanaf 9-16 Julie 2017 en sal min of meer R 2 000-00 pp kos.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

SINODALE STREEKSBYEENKOMS – 9 MEI BY WELLINGTON-OOS

Moderatuurskade besoek verksillende streke van die land om te praat oor sinodale sake en besluite en wil graag na gemeentes luister.  Predikante en gemeenteleiers wat dit wil bywoon moet NJ skakel voor Maandag 24 April.

 

PREDIKANTE

Jan is met verlof van 10 April – 14 Mei 2017

 

BASAAR – 28 OKTOBER 2017

Sameroepsters van tafels is as volg:

Kafee – Marlene Hugo (079 930 8123) & Louise Engelbrecht (078 172 6251)

Brood & Beskuit – Susan Le Roux (082 921 4719)

Klein Koekies – Liana Kemp (083 391 3866)

Speletjies – Lizanne Moolman (084 523 4504)

Poeding – Amanda Anker (082 327 1102

Lekkers & Speelgoed – Barbara Cornelissen (073 183 1576)

Marktafel – Gerda Smit (076 601 7921)

Groot koeke – Marietjie Geldenhuys & Gesinsgroep (083 270 9651)

U kan vanjaar help en produkte lewer by die tafel wat u pas.  Skakel asseblief met betrokke sameroepster

 

ALGEMEEN

 

WATERPUNT – SAFARI HALFMARATHON – 1 MEI

Ons benodig u hulp met die oprigting van die waterpunt vanaf 06:00 op 1 Mei, asook die uitdeel van water vanaf 07:30.  U kan met die organiseerder, Wimpie Erasmus skakel by 083 234 1630, indien u van hulp kan wees.

 

MEJ DOOF SUID-AFRIKA – R5e

U kan vandag u R5e na die oggenddiens vir Johanna Visser (Janie se ma) by die liturgiese ruimte gee.  Indien u dit nie hier het nie, kan u dit ook aflewer by Hofmeyerstraat 5.  (Johanna Visser – 076 114 4154)

 

WINTER STRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.  Fondse word aangewend vir die aankope van doeke.

 

MOSLEMBEDIENING

Ons hou ‘n fondsinsamelingsete op 4 Junie vir die Moslembediening teen R90 per persoon by Drakenstein Kerksaal.  Aansit- en wegneem-etes is beskikbaar.  Kontak asb vir Lona Liebenberg 082-3820526 of Drakenstein Kerkkantoor 021-8728242 teen 29 Mei indien jy kaartjies wil hê.

 

SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017

Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.

 

G-VOUCHER

Dit is van 1 – 5 Mei Wellington-Oos se diensbeurt. Indien u kan help, kan u aanmeld om 11:45 by die perseel.

In die Nuus