Auto Draft

Deur : Skriba  /  April 26th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

Jan is met verlof van 10 April – 14 Mei 2017

 

KINDERWERKER

Annelet Slazus is aangestel as kinderwerker en begin op 2 Mei.  Haar selnr is 082 337 2161, indien u haar sou wou kontak.

 

FAMILIENUUS

Ons benodig redaksielede wat kan skryf, inligting kan versamel of net help dink wat om te plaas.  Skakel met NJ of Lindie Jansen van Rensburg (0823770278) indien jul van hulp kan wees.

 

PINKSTER 25 MEI – 4 JUNIE

Ds Jan lei vanjaar se pinkster.  Die kinderpinkster word aangebied deur Prop. Annelet Slazus van 28 Mei tot 1 Junie.

 

MAKHATHINI UITREIK

Die uitreik vind plaas vanaf 9-16 Julie 2017 en sal min of meer R 2 000-00 pp kos.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)

Die gemeente naweek vind plaas té Kampala naby Bonnievale.  Kom bly en kuier bietjie in luuksheid (sonder al die kamp fieterjasies) @ R200 per grootmens en R100 per kind vir die naweek (± 8 mense per eenheid).  Daar is slegs plek vir 60.  Elke gesin is verantwoordelik vir eie kos en vervoer.  Kontak die kerkkantoor vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

 

GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)

Datum: 2-6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.

Etes: Alle etes is ingesluit by die prys.  NB!!! Paspoort – Ons begin by  Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

JEUG – JUMP AROUND

Op Vrydag 12 Mei gaan die hoërskoolleerders bietjie spring en baie moeg word.  Meer inligting volg…..

 

ALGEMEEN

 

WATERPUNT – SAFARI HALFMARATHON – 1 MEI

Ons benodig u hulp met die oprigting van die waterpunt vanaf 06:00 op 1 Mei, asook die uitdeel van water vanaf 07:30.  U kan met die organiseerder, Wimpie Erasmus skakel by 083 234 1630, indien u van hulp kan wees.

 

WINTER STRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.  Fondse word aangewend vir die aankope van doeke.

 

KERRIE EN RYS WEGNEEM ETE

Op 12 Mei bied die vreugdediens kerrie en rys wegneem-etes @ R25 en kan afgehaal word vanaf 12:00 – 14:00. Vir bestellings kontak Hetta Cloete by 082 717 3062 / 021 873 3158.

 

SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017

Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.

 

G-VOUCHER

Dit is van 1 – 5 Mei Wellington-Oos se diensbeurt. U kan die kerkkantoor kontak  by 021 873 2690, indien u wil betrokke raak by die evangelisasie of die opskep van kos.

 

In die Nuus