Deur : Skriba / May 12th, 2017
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE
NJ is met verlof van 16 – 21 Mei 2017
KATEGESE
Al die kinders kom direk na die oggenddiens in die kerk bymekaar vir die Lofprysing en daarna beweeg hulle na hul klasse. (Volwassenes is welkom om by lofprysing in te skakel)
KOFFIE VOOR AANDDIENS
Uitnaweke en tydens aandnagmaal sal daar geen koffie wees voor die aanddiens nie.
PINKSTER 2017
Op 25 Mei vind daar`n Hemelvaartdiens om 07:00 – 07:30 plaas, asook `n Gesinshemelvaartdiens om 09:00.
JUNIE DANKOFFER
Die Junie dankoffer koeverte sal deur u Diaken / Dienswerker uitgedeel word en kan die hele Junie maand in die kollekte bord geplaas word.
FAMILIENUUS
Ons benodig redaksielede wat kan skryf, inligting kan versamel of net help dink wat om te plaas. Skakel met NJ of Lindie Jansen van Rensburg (0823770278) indien jul van hulp kan wees.
PINKSTER 25 MEI – 4 JUNIE
Ds Jan lei vanjaar se pinkster. Die kinderpinkster word aangebied deur Prop. Annelet Slazus van 28 Mei tot 1 Junie.
GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)
Die gemeente naweek vind plaas té Kampala naby Bonnievale. Kom bly en kuier bietjie in luuksheid (sonder al die kamp fieterjasies) @ R200 per grootmens en R100 per kind vir die naweek (± 8 mense per eenheid). Daar is slegs plek vir 60. Elke gesin is verantwoordelik vir eie kos en vervoer. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting en om jou plek te bespreek.
GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)
Datum: 2 – 6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.
Etes: Alle etes is ingesluit by die prys. NB!!! Paspoort – Ons begin by Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen. Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.
ALGEMEEN
SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017
Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.
FLESSE
Daar word dringend 750g flesse benodig vir die inlê van koejawels vir die snoekfees in Middelburg. U kan dit by die kerkkantoor afgee.
FONDSINSAMELING VIR KOGLEÊRE INPLANTING
Dit is met groot dankbaarheid teenoor ieder en elk wat `n bydrae gemaak het, hetsy met geld of gebed, dat ek R10 200-00 kon insamel. Mag die Here u elkeen werklik seën, want geseënd is die wat gee, al het hy nie om te gee nie. Jani Visser (Sense 5 Projek)
HERFSVREUGDE KOOR
Al die koorlede wat nog togas in hul besit het, moet dit asb. Maandagaand na die oefening bring. Ons is dringend op soek na nog manne vir die koor. Dames is natuurlik ook baie welkom. Onthou, jy hoef nie note te kan lees nie, jy moet net kan sing!!
DUVET PROJEK
201 Duvets wat die vrouens van Wellington o.l.v. Elsa Giliomee gemaak het, word nou geskenk o.a. aan ACVV, Mfesane, Drakenstein Munisipaliteit, Amos, Ruyterwacht, Wellington-Oos, crèche in Wellington, die weesseuntjies van Khayelitsha, plaas en noodgevalle. Dankie vir almal wat kom help het met finale afronding.
BREIPROJEK
Ons benodig baie dringend wol vir die projek en indien u kan help met die brei van kindertruie, mussies of bedsokkies, kontak asb vir Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.
TUISVERSORGER
Indien u `n tuisversorger benodig of weet van iemand wat een benodig, skakel Christa de Beer by 0829568788.