Auto Draft

Deur : Skriba  /  May 18th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

NJ preek op Riebeek Wes tydens Pinkster.

 

PINKSTER 2017

V/a Donderdag 25 Mei tot Sondag 4 Junie hanteer ds Jan die tema “Christus herstel ons menswaardigheid”.  Bring die gesin en vriende saam en geniet elke aand sop en broodjies na die tyd.  Geestelike boeke word tydens Pinkster verkoop – die wins gaan na Bybelgenootskap.  Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte vir die noodkas, wat u in die mandjies in die voorportaal en agter in die kerk  kan plaas.

 

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)

Die gemeente naweek vind plaas té Kampala naby Bonnievale.  Kom bly en kuier bietjie in luuksheid (sonder al die kamp fieterjasies) @ R200 per grootmens en R100 per kind vir die naweek (± 8 mense per eenheid).  Daar is slegs plek vir 60.  Elke gesin is verantwoordelik vir eie kos en vervoer.  Kontak die kerkkantoor vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

 

GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)

Datum: 2 – 6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.

Etes: Alle etes is ingesluit by die prys.  NB!!! Paspoort – Ons begin by Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

KINDERPINKSTER 2017 (VIR AL DIE JONGKLOMP)

Kinderpinkster begin hierdie jaar op Sondagoggend 28 Mei om 09:30 in die sentrum. Op die kalender staan daar dat dit uitnaweek is. Daar is dus geen kategese nie, maar ons skop wel af met die kinderpinkster reeks en Sondagaand tot Donderdagaand kuier ons elke aand om 19:00-20:00 verder.  Enige iemand wat wil help met kinderpinkster, kan gerus vir Annelet kontak by 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

 

NASIONALE KINDERBESKERMINGSWEEK 27 MEI – 3 JUNIE

Neem gerus vir jou ‘n groen strikkie by die deure wat tydens kinderbeskermingsweek gedra kan word, om bewusmaking rakende kinderregte te kweek. Knyp gerus ook ‘n tydjie tydens hierdie week af en gaan deur jou huis vir enige speelgoed, goeie ou klere en skryfbehoeftes wat aan kinders in nood geskenk kan word. Hierdie items kan na die kerkkantoor gebring word.

 

LEË “KOO” BLIKKIES

Die Jeugbediening glo aan “up-cycling” en benodig leë “Koo” blikkies wat se rante nie skerp is nie om van hulle skryfbehoeftes in te sit. Blikkies kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

BYBELSKOOL

Die jaarlikse Bybelskool vind plaas vanaf 3 Junie – 7 Junie. Teken solank die datum aan – meer inligting volg!  Enige iemand wat wil help met die beplanning, aanbieding of net julle wyshede wil kom deel, kan gerus vir Annelet kontak by 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

 

ALGEMEEN

SNOEKBRAAI

Wellington-Oos hou `n snoekbraai op 10 Junie om 18:00 in die kerksaal, t.b.v getuienisbediening.    Lekker gebraaide snoek, gebakte patat, roosterkoek, gebakte poeding en ‘n glasie wyn.  Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor, lede van Getuienisbediening of kontak u Kerkraadslik.  Etes kan ook weggeneem word.

 

HERFSVREUGDE KOOR

Al die koorlede wat nog togas in hul besit het, moet dit asb. Maandagaand na die oefening bring. Ons is dringend op soek na nog manne vir die koor.  Dames is natuurlik ook baie welkom. Onthou, jy hoef nie note te kan lees nie, jy moet net kan sing!!

 

BREIPROJEK

Ons benodig baie dringend wol vir die projek en indien u kan help met die brei van kindertruie, mussies of bedsokkies, kontak asb vir Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

TUISVERSORGER

Indien u `n tuisversorger benodig of weet van iemand wat een benodig, skakel Christa de Beer by 0829568788.

SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017

Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.

FLESSE

Daar word dringend 750g flesse benodig vir die inlê van koejawels vir die snoekfees in Middelburg.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

In die Nuus