Auto Draft

Deur : Skriba  /  May 26th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

Ds NJ hou pinkster van Sondag 28 Mei tot Donderdag 1 Junie en Pinksterfees op Sondag 4 Junie in Riebeek-Wes.

 

LOFPRYSINGSDIENS 11 JUNIE

Ons sluit die Pinkster af met `n lofprysingsdiens om 19:00.

 

DANKOFFERMAAND

Junie is dankoffermaand. Dan fokus ons op ons finansiële bydraes wat ons uit dankbaarheid vir die Here gee om die bediening in en buite die gemeente moontlik te maak. Die kerkraad wil u ook bedank vir u bydraes wat die bediening moontlik maak. Normaalweg dra ons maandeliks per debietorder of met ‘n kontantbydrae by, maar gedurende Junie gaan u diaken of dienswerker u nie besoek nie. ‘n Dankofferkoevertjie sal aan u uitgedeel word waarin u dan ‘n jaarlikse offer of ‘n addisionele bydrae kan insit en gedurende eredienste die hele Junie, in die kollektebordjie kan plaas. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Kor 9:7)

 

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)

Die gemeente naweek vind plaas té Kampala naby Bonnievale.  Kom bly en kuier bietjie in luuksheid (sonder al die kamp fieterjasies) @ R200 per grootmens en R100 per kind vir die naweek (± 8 mense per eenheid).  Daar is slegs plek vir 60.  Elke gesin is verantwoordelik vir eie kos en vervoer.  Kontak die kerkkantoor vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

KINDERPINKSTER 2017 (VIR AL DIE JONGKLOMP)

Ons skop vanoggend af met Kinderpinkster, waarna ons vanaand tot Donderdagaand verder van  19:00-20:00 kuier.  Hoop ons sien jou daar!

 

NASIONALE KINDERBESKERMINGSWEEK 27 MEI – 3 JUNIE

Neem gerus vir jou ‘n groen strikkie by die deure wat tydens kinderbeskermingsweek gedra kan word, om bewusmaking rakende kinderregte te kweek. Knyp gerus ook ‘n tydjie tydens hierdie week af en gaan deur jou huis vir enige speelgoed, goeie ou klere en skryfbehoeftes wat aan kinders in nood geskenk kan word. Hierdie items kan na die kerkkantoor gebring word.

 

LEË “KOO” BLIKKIES

Die Jeugbediening glo aan “up-cycling” en benodig leë “Koo” blikkies wat se rante nie skerp is nie om van hulle skryfbehoeftes in te sit. Blikkies kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

BYBELSKOOL

Die jaarlikse Bybelskool vind plaas vanaf 3 Julie – 7 Julie. Teken solank die datum aan – meer inligting volg!  Enige iemand wat wil help met die beplanning, aanbieding of net julle wyshede wil kom deel, kan gerus vir Annelet kontak by 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

 

RUGBY TOKSE

Kinders by Bovlei skool benodig tokse (nr 5 – 9).  Indien u tokse het wat in onbruik is, bring asb na die kerkkantoor of skakel Tina Erasmus by 083 978 4138.

 

ALGEMEEN

 

SNOEKBRAAI

Wellington-Oos hou `n snoekbraai op 10 Junie om 18:00 in die kerksaal, t.b.v getuienisbediening.    Lekker gebraaide snoek, gebakte patat, roosterkoek, gebakte poeding en ‘n glasie wyn.  Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor, lede van Getuienisbediening of kontak u Kerkraadslid.  Etes kan ook weggeneem word.

 

BREIPROJEK

Ons benodig baie dringend wol vir die projek en indien u kan help met die brei van kindertruie, mussies of bedsokkies, kontak asb vir Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

TUISVERSORGER

Indien u `n tuisversorger benodig of weet van iemand wat een benodig, skakel Christa de Beer by 0829568788.

SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017

Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.

FLESSE

Daar word dringend 750g flesse benodig vir die inlê van koejawels vir die snoekfees in Middelburg.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

BASAAR POEDINGTAFEL

Ons wil graag ‘n verkoping van tweedehandse klere en huisraad hou ten bate van die basaar se poedingtafel. As jy dalk enige iets het wat jy nie gebruik nie en kan afstaan, bring dit asseblief na die kerkkantoor of kontak Amanda Anker by 0823271102 of 021 873 7263.

 

In die Nuus