Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 15th, 2017

UIT DIE KANTOOR

NJ is met vakansie: 13-29 September 2017

MOSLEMBDIENING

Moslembediening is ‘n olifant bediening en ons het jou regtig nodig in hierdie saak.  Dalk lê die Here ‘n Moslem persoon op jou hart en voel jy dat jy nie altyd weet wat om te sê nie?  Ons wil graag met jou hande vat en daarom nooi ons jou uit na die volgende geleentheid:
DATUM:  SONDAG 15 Oktober 2017
PLEK:        Klein Saaltjie Paarl Vallei Gemeente
TYD:         15H30 tot 17h30
ONDERWERP:   Kom leer hoe om vriendskapsbande met Moslems te vorm / Engage Muslims into
Christian conversations.
SPREKER:            Rodney Adonis Lektor Bybel Instituut Kalkbaai

CHILL KAMP TE HARTENBOS (2-3 DESEMBER )
Dit gaan ‘n ongelooflike lekker kamp wees. As jy net lus is vir ‘n bietjie “chill” dan is die net die kamp vir jou!! Die koste is nou R550. Enige een wat belangstel kan gerus die kerkkantoor of vir Ds NJ Van As skakel.

VEELDOELIGE AFDAK
Die kerkraad het besluit om nie net vir die gemeente te vra nie, maar ‘n slag iets terug te gee in die vorm van ‘n veeldoelige afdak tussen die kombuis en kerk waar die prieël tans is. Dit sal ook as staanplek dien van ons bussie wat ons op 19 September (binnekort) sal ontvang.

KERKKOORFEES
Donderdagaand 21 September het ons weer kerkkoorfees in die Stadsaal om 19:30. Al die kerkkore in ons omgewing tree op. Dit is werklik ‘n belewenis. Toegang is gratis; slegs ’n donasie word gevra.

WIT OLIFANT TAFEL (BASAAR)
Ons soek nog baie artikels vir die wit olifant tafel. Indien u enige goeie bruikbare artikels het kan u dit by die kerkkantoor afgee.

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE
Die volgende byeenkoms van die Wellington gebedsimfonie is vanaand 17 September by Eerstelaan 22. Vars gebedsonderwerpe sal bbeskikbaar wees as ons vir Wellington se sendelinge bid. Vir meer inligting, kontak Ds Attie van Wijk, 082 557 9796.

KERSKAARTJIES
Ons maak nog kerkskaartjies bymekaar vir Hawequa gevangenes en omliggende gevangenisse. Ons sal baie bly wees indien u vir ons nog kaartjies kan maak vir diegene wat alleen is oor die feestyd. Ons kan nog tot einde Oktober kaartjies maak en moet dit teen middle November gaan aflewer. Elkeen wat ’n kaartjie maak vra ons om sommer te bid vir die gevangenisse terwyl u die kaartjie maak. Bid dat hulle deur die kaartjie Jesus se liefde sal ervaar. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175/082 774 9039)

In die Nuus