Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 24th, 2017

 

VERLOF

Ds NJ Van As is met verlof vanaf 6-26 November 2017

Ds Jan Grobbelaar is met verlof vanaf 27 November 2017 –16 Januarie 2018

 KANTOOR

Die kantoor sal gesluit wees vanaf 22 Desember 2017 – 04 Januarie 2018

KENNISNAME

Predikantswyke: Ds Jan en Ds NJ ruil wyke van 1 Januarie 2018 vir die volgende 3 jaar.

MIDDERNAGDIENS

Neem kennis dat die middernagdiens die jaar by Moedergemeente plaasvind en nie by Oos nie.

VROUEKUIERAAND

Op 30 November 2017 om 18:30 by Lintonpark- Wellington. Gasspreker is Karien Schoeman. Kom ontspan en geniet die aand saam met ons. . Moet dit nie misloop nie. Vir verder  inligting kontak die kerkkantoor.

BARMHARTIGHEID  (GESKENKPAKKIES)

Die barmhartigheidsbediening beplan om weer vanjaar vir behoeftige inwoners van Silwerkruin en Huis Lizelle toiletware en sagte lekkers te skenk, asook sagte lekkers vir die ander inwoners van Silwerkruin. Daar is 7 mans en 22 dames vir toiletware. Ons benodig lyfseep,tandepaste,

Toiletpapier, sjampoe, skeermesse, handeroom, Acqueasroom, aanrol en lyfsproei. Enige bydrae sal welkom wees en baie waardeer word. Kontak Suzanne Fabricius: 021-8641122 / 072 244 3931 of lewer af by die kerkkantoor.

Baie dankie ook vir al die gereelde bydraes. Sakkies is beskikbaar by die deure, maar enige bydrae is welkom, ook koekies,jellie, aanmaak koeldrank ens, vir die vakansie tyd.

KATTEBAK VERKOPE    

Die barmhartigheidsbediening beplan ‘n kattebak verkoping vir Saterdag 2 Desember 2017 ten bate van die noodfonds.

Waar: Parkeer terrein voor die sentrum, agter die kerk.

Tyd: 08:00-12:00

Koste: Geen stalletjiekoste, maar 10% van totale verkope gaan na die Noodfonds.

Bring saam: Eie tafel, stoele en gazebo’s.

Navrae en stalletjie besprekings: Suzanne Fabricius (021) 864 1122 / 072 244 3931

Re#IMAGINE MATRIEKFEES BREDASDORP

Alle Skoolverlaters!!!!!! Kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek na die groot eksamen.

Wanneer? 29 Nov tot 6 Des 2017

Waar?  Heroldsbaai – 300m vanaf die mooiste strand.

Koste?  R1000 pp vir die hele week!! Sluit in kos, verblyf en ‘n rits “wegbreek” aktiwiteite.

Jy moet net self daar kom! Ons sal jou op Goerge lughawe of by die bushalte kom optel.

Kontak ons : Albé Theunissen by albetheunissen@gmail.com of 082 928 3561.
Of:  Johan Engelbrecht by johan@ngkhartenbos.co.za of 082 372 672 9.
Of besoek ons facebook blad vir ‘n promo-video en inskryfvorm:  www.facebook.com/matriekfees

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

              

 

In die Nuus