Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 25th, 2011

GOD SE WIL VIR WELLINGTON-OOS:  Ons wil saam luister na wat God se wil is vir ons gemeente.  Die teks wat ons gebruik is Luk 10:1-11.  Lees dit gerus en dink daaroor na.  U is ook welkom om saam te gesels vanmiddag 17:30 in die Sentrum.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR:  U ouderling sal u besoek met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae en ‘n lys vir produkte vir die tafels.  Kom ons help mekaar om van 29 Oktober se basaar ‘n fees tot eer van die Here te maak.

 

GEMEENTEKONSERT:  Mariëtte van Velden is die organiseerder.  Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.

 

BREIPROJEK:  Baie dankie aan elkeen wat weer hierdie jaar op enige wyse betrokke was by ons breiprojek.  Dit word opreg waardeer.  Die volgende items is versprei:  20 sweetpakkies, 1 broekie, 126 truie, 55 musse, 45 serpe, 11 paar bedsokkies en 2 komberse.  Dit het regtig baie vreugde in harte gebring.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ROLSTOEL:  Iemand in die ouetehuis wat beide haar bene verloor het, benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig.  Kom ons wend nog steeds ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

 

PORTERVILLE CHRISTUSFEES:  Vanaf 7 – 9 Oktober 2011.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

KEN EN VERSTAAN JOU 2 TOT 9-JARIGE KIND:  Datum:  15 Oktober 2011. Plek:  Hugenote Laerskool.  Kostes beloop R350 per persoon (sluit notas, verversings en ligte middagete in).  Let wel voertaal is Afrikaans.  Vir navrae, skakel asb die kerkkantoor.

 

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT:  Wit en Swart?  Jurianne Schreuder boer van Hopefield en spreker by Mighty Men Konferensies.  Koste is R50 pp (ontbyt ingesluit).  Woensdag,28 September 2011 om06:30 NG Noord Kerksaal.  Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous (021 873 7024 / 072 289 0842) of NG Wellington-Noord kerkkantoor.

 

PLEISTERS VIR DIE SIEL:  Aangebied deur Riekert Botha van RSG.  Datum:  Saterdag 5 Nov.   Plek:  NG Wellington-Noord Onthaalsentrum.  Tyd:  10:00.  Prys:  R50-00 pp.  Kaartjies beskikbaar by Tharina 082 779 4001 en by Wellington-Noord se kerkkantoor.

 

UIT DIE BEEK 2012:  Dié Bybeldagboek van ds Attie van Wijk (prys R99,95) is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.  Hierdie gewilde dagboek word nou met ‘n lekker afslag deur Bybel-Media aangebied. Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Dit beteken 20% afslag – dit is minder as die rakprys.  Beskikbaar vanaf einde September 2011Bestel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za of faks na 021 873 0832.

 

THE SOUND OF MUSIC :  Wellington Produksiehuis bied vanjaar die baie gewilde verhoog- produksie aan.  Dit word vervaardig deur Johann Enslin en hy hanteer ook die musikale regie.  Die baie bekende sanger, Niël Rademan hanteer die regie en Ignatius van Heerden is die choreograaf.  Die Amerikaanse dirigent, Garrett Martin gaan die volgrootte simfonieorkes dirigeer saam met die 300 stuk massakoor.  Captain Von Trapp sal gespeel word deur André Weideman en die rol van Maria deur Marlie Kock.  Die 30 stuk cast is elk briljant in hul rolle!  Datums:  11 Oktober (Spesiale voorvertoning vir skoolgroepe)  en 13 -16 Oktober om 20:00 (16 Oktober het ook ‘n 15:00 vertoning).  Kaartjies is beskikbaar by:  Musiklood (Paarl), Write Shoppe (Wellington) of elektronies by tickets@wellingtonproductionhouse.co.za 

 

PAARL SKOOL:  Daar is tans 320 kinders wat by Paarl Skool vir neuraal gestremde kinders te Brackenfell skoolgaan.  Kinders met serebraal-, fisiese en leerafwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer is, kom na Paarl skool.  Met die hulp van spraak-, arbeids-, fisioterapeute en sielkundiges, ‘n verpleegsuster en spesiaal opgeleide onderwysers word elke kind geëvalueer en kry individuele aandag volgens hul onderskeie behoeftes.  Vervoer in spesiaal aangepasde busse word vir 90% van die kinders voorsien.  Alhoewel die skool die normale kurrikulum van die Onderwysdepartement volg, word gespesialiseerde toerusting soos rystoele, opvoedkundige programme en spesiale rekenaars gebruik.  Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer.

In die Nuus