Deur : Skriba / April 9th, 2018
Ds NJ is van 10 – 12 April 2018 op‘n Predikantsbegeleiding te Hartenbos
SPESIALE KERKRAADSVERGADERING
Ons hou op Dinsdag 10 April ‘n spesiale kerkraadsvergadering om 19:00 in die
Sentrum.
HERWINNING
U kan gerus u ou koerante, papiere en kartonne in die houer voor die kerkkantoor kom ingooi. Dit word herwin en die gemeente herwin finansies ten bate van sending.
OGGEND EREDIENSTE
Let asseblief daarop, dat ons eredienste Sondae oggende nou weer om 09:30 begin en nie 09:00 nie.
WELLINGTON-OOS VOELTJIE- JAG GHOLFDAG- 20 APRIL 2018
Die reëlingskomitee hoor graag van gemeentelede wat bereid sal wees om hulp te verleen op een van die volgende wyses:
- R100 borgskap per speler om baanfooie te dek
- Om instansies te nader vir pryse vir die gholfdag – 4 eenderse pryse asb
- R500 borgskap om advertensie ruimte op bowwe te koop
Om ondersteuning op die dag te bied
Bydraes kan ook direk by Kerkkantoor inbetaal word of op Kerk se bankrekening gedeponeer word met verw Gholfdag
Skakel gerus met Gerhard Fick – 073 385 9513 – indien u betrokke wil raak.
WIT OLIFANTTAFEL
Ons vra dat u asseblief enige huisartikels wat in u pad is of net in die kaste rondlê vir ons na die kerkkantoor toe sal bring. Ons maak artikels bymekaar vir die gemeentefees se wit olifanttafel. Vir verdere navrae kan u vir Mariska skakel by die kerkkantoor.
VLEISVERKOPE
Daar sal op Maandag 09 April weer vleisverkope wees in die Sentrum tussen 18:00 en 19:00. So ook Woensdagaand die 11de April tussen 17:30 en 18:30. Almal is welkom om vleis te kom koop. Bekostigbare pryse: Mince: R65 per kg, Wors: R70 per kg, Sosaties:R60 vir 4 in ‘n pak.