Auto Draft

Deur : Skriba  /  April 13th, 2018

 

 

 

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING 

Op ‘n spesiale Kerkraadsvergadering, gehou op 10 April 2018, is (prop) Annelet Slazus as predikant van die NG Gemeente Wellington-Oos beroep. Dit is ‘n Vaste Termynpos vir 2 jaar. Die pos is moontlik gemaak deurdat sy gekwalifiseer het vir ‘n Internskap wat deur die Wes-Kaap Sinode ingestel is.

Tydens dieselfde vergadering is daar ook besluit dat daar voortgegaan kan word met die boor van water op die kerkperseel.

WELLINGTON-OOS VOELTJIE- JAG GHOLFDAG- 20 APRIL 2018

Die reëlingskomitee hoor graag van gemeentelede wat bereid sal wees om hulp te verleen op een van die volgende wyses:

  • R100 borgskap per speler om baanfooie te dek
  • Om instansies te nader vir pryse vir die gholfdag – 4 eenderse pryse asb
  • R500 borgskap om advertensie ruimte op bowwe te koop

Om ondersteuning op die dag te bied

Bydraes kan ook direk by Kerkkantoor inbetaal word of op Kerk se bankrekening gedeponeer word met verw Gholfdag

Skakel gerus met Gerhard Fick – 073 385 9513 – indien u betrokke wil raak

 

In die Nuus