Deur : Skriba / May 14th, 2018
PINKSTER TEMAS 2018
PINKSTER 2018
BEHEER DEUR DIE GEES
DONDERDAG : Die Topstruktuur : Gen 1:1-2, Kol 1:15-16; 1 Kor 12:10-16
VRYDAG : God se adresse 1 Kor 3:16;6:19-20
SAT : Vol van die Gees: Ef 5:15-20
SON: Onder nuwe bestuur: 2 Kor 3:18
MAAN: Die Gees se geskenke: 1 Kor 12:1-11
DINS : Die grootste geskenk : 1 Kor 13:1-13
WOENS : Vrug wat God verheerlik:Gal 5:13-26
DON: Getuies van die Gees: Hand 1:1-8
VRY: Die Gees maak regtig vry: Joh 8:31-36; 2Kor 3:17; Gal 5:1
SAT: Die Gees help as dit moeilik gaan :Joh 14:15-26;16:5-15 ; Rom 8:26
SON : Die Gees lei ons in die volle waarheid : Joh 15:26-27; 16:4-15
Van 14 -18 Mei is daar ook byeenkomste 10:00 in die kerk. Kinderpinkster Gr 1-6 is van
Sondagoggend 13 Mei tot Donderdagaand 17 Mei.
Voorbidding vir pinkster word gedoen op Ma-Woe (7-9 Mei) vanaf (06:30-07:00) en ook om 18:30 in konsistorie. Deuroffer vir die Bybelverspreiding sal gedoen word van Ma-Do tydens Pinkster.
SILWERKRUIN
Silwerkruin is opsoek na ‘n Hoof Gerigistreerde Verpleegkundige (Suster). Diensaanvaarding is op 1 Junie 2018. Faks of epos u CV na (021)873 5874 / epos: Silwerkruin@acvv.org.za
GELOOFSOFFER
Neem deel aan die uitbou van die Koninkryk van God
Dit is met groot dankbaarheid dat ons na die finansiële boekjaar kan rapporteer dat die
Getuienisbediening namens ons gemeente beduidende betalings uit die geloofsoffer kon doen aan bediening soos bv:
Makhathini bediening; Ds. Khoza se kerkplanting in Mosambiek; Dries en Marlee Volschenk in Madagaskar; Free to Serve in Thailand; Connect van R van Velden en Vroeë Kind
Ontwikkelinging.
Ons wil u opnuut aanmoedig om die Here te vertrou vir fondse, die geloofsofferbeloftevorms te voltooi en deur middel van die koevertjies in die portaal beskikbaar, ook vanjaar by te dra tot
koninkrykswerk waar ons nie self persoonlik betrokke kan wees nie. Bid saam met ons vir die vermoë om die Here te vertrou om met vreugde oorvloedig te gee.
MOSLEMBEDIENING
Hou ‘n ete: Wegneem en aansit by Drakenstein Kerksaal op 3 Junie. Kostes is
R80 p/p. RSVP: 28 Mei by Lona Liebenberg (082 382 0526) of Drakenstein kerkkantoor
(021)– 872 8242. Bring asseblief eie eetgerei en drinkgoed.
NOODKAS
Die sakkies vir die noodkas sal by die deure beskikbaar wees vir diegene wat wil bydra tot die noodkas. Indien enige navrae kontak vir Suzanne Fabricius by (021) 8641122.