Auto Draft

Deur : Skriba  /  August 27th, 2018

GEMEENTE NAWEEK (7-9 SEPTEMBER 2018)
TE KAMPALA BONNIEVALE

Ons het die jaar weer ’n groot opgewondenheid vir ons gemeentekamp naweek te Kampala. Kostes is R250 p/volw en R200 p/kind. Indien u lus het vir ‘n lekker wegbreek kan u die
kerkkantoor skakel (021 873 2690) / Ds Jan Grobbelaar . Beperkte plek is beskikbaar, so spring gou vir u plekkie. Gaan besoek hul Facebook blad of die Website : (www.kampala .co.za).

JOU KIND, TEGNOLOGIE & SOSIALE MEDIA
Het jy vrae oor die uitdagings & realiteite van ons jongmense se lewens met
tegnologie? Kom luister na die spreker, Dr Johan Smith, kenner op hierdie gebied.

Datum: 28 Augustus 2018
Tyd: 19h00-21h00
Plek: Hugenote Hoërskool

SLIMFOON VIR KERKKANTOOR
Ons benodig ‘n slimfoon wat in onbruik geraak het wat  whatsappgroepe en kredietkaarttransaksies  sal kan hanteer.  Indien daar so ‘n foon in onbruik by u is , sal ons dit nuttig kan gebruik in kerkkantoor en by funksies. Skakel kerkkantoor

WELLINGTON DUVETPROJEK

Dis weer tyd dat die drie NG gemeentes saamspan om 200 “duvets & inners” bymekaar te maak wat aan behoeftiges uitgedeel sal word. Aan die bestuur van die projek is Marlene Meintjes. Ons wil graag hand bysit om die projek moontlik te maak. Hoe kan jy help? Indien jy bereid is om ‘n “duvet & inner” wat ons teen R100.00 kan bekom te borg, betaal asb. die geld in ons rekening met verwysing: “duvet” of bring na die kerkkantoor. Ons is ook op soek na stiksters vir finale afronding van hierdie duvets. Skakel gerus vir Marlene Meintjes indien jy bereid is om te help.Haar nr.: 083 231 2568.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENIS

Gevangenes voel tydens die Kerstyd baie broos en afgesonder van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie. Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur . Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak, miskien voor die kaggel  gedurende die vakansie!! Die Kerskaartjies kan heel eenvoudig gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.   Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!! Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk,
Bainsvallei 15 Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175

FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER
Daar is nie meer baie tyd oor nie!!!! Kom ry saam met ons die fietstoer.Ons ry die Vrydag van Wellington tot op Riebeek – Kasteel. Die Saterdag tot op Malmesbury en terug tot Riebeek – Kasteel en die Sondag tot op Wellington. Ons ry ten bate van Smart Start (vroeë kind
ontwikkeling) om ons projek op Wellington te ondersteun. Borgvorms sal binnekort beskikbaar wees. Die bedrag wat elkeen wat saamgaan moet insamel is R450. Die vorms is reeds beskikbaar by die kerkkantoor, skool, Ds Annelet , & Ds NJ

In die Nuus