Deur : Skriba / February 22nd, 2019
NUUT VERKOSE KERKRAADSLID
Baie geluk aan Reynier van Rooyen as nuut verkose kerkraadslid wat die Jeug
verteenwoordig.
LERAARSBIDUUR
Die Leraarsbidure op Dinsdagaande vind nou in die konsistorie plaas. Al die wyke wat op die kalender aangedui word, kom daar bymekaar.
TERREINBESTUURDER
Die Terreinbestuurder is van Maandag tot Vrydag tussen 7:00 en 13:00 op die kerkperseel. As u iets met hom wil reël, doen dit verkieslik in die tyd. Reël asb betyds met hom of kerkkantoor as hy iets gereed moet kry vir ‘n funksie of ‘n geleentheid.
WERELDBIDDAG VIR VROUE
Vind plaas by NG Kerk Wellington-Oos op Donderdag 28 Februarie 2019 om 19:00 in die kerk. Ons spreker die jaar is Ds Lettie Buchner en haar tema is “Kom alles is gereed”
WERELDBIDDAG VIR MANNE
Kobus Mouton begelei ons in gebed op Saterdag 2 Maart om 7:00 by die Spur. Nadat ons saam gebid het, geniet ons ‘n lekker Spur ontbyt. Koste R50. Kaartjies by Roelof Prins 0824148338 of Ds NJ 084 584 1331 of kerkkantoor.
KURSUS:
Wandel in die Woord : Op Saterdag 2 Maart van 8:30 – 12:30 bied ds Pierre Goosen die
kursus oor hoe om die Bybel sinvol saam met ander te lees aan by ons gemeente. Koste R30. Inskrywings by kerkkantoor of by Ryk van Velden 082 857 4368. Die LT10 word
gekanselleer. Power to influence. Skakel asb met Ryk en gepaste tyd vir aanbieding.
INFORMASIE
Help asb. Ons is besig om ons lidmaatregisters( adresse, selnommers en eposse)op datum te kry . Help asb die Vat 5ers wat by u navraag doen om vas te stel of die inligting korrek is . As ons registers korrek en op datum is kan die gemeente net soveel meer effektief funksioneer en kommunikeer. Indien u epos / adres / selnr verander, skakel asb kerkkantoor direk. So help jy die Kantoor om op datum te bly met korrekte inligting.
DRIES VOLSCHENK MADAGASKAR
- Dries en Marlee Volschenk kom besoek ons op 10 Maart en hy preek die oggend. Indien
iemand hul wil nooi vir middagete, kan julle net met Ds NJ skakel.
- Besoek aan Dries Volshenck in Madagaskar
Dries Volschenk, ons sendeling in Madagaskar, besoek ons gemeente weer op 10 Maart. Ons ondersoek die moontlikheid om hulle later in die jaar te besoek. Dit sal baie waarskynlik ‘n klein spannetjie wees, van nie meer as 3-4 persone nie. Indien jy sou belangstel om deel van so n span te wees, kontak vir R van Velden: 0828574368. Die moontlikheid van so ’n besoek sal op 10 Maart verder met Dries bespreek word.
BUITELUGFLIEK
Kom geniet ‘n heerlike buitelugfliek en piekniek saam met ons op 1 Maart om 18:30 vir 19:00. Jy kan jou eie piekniekmandjie en drinkgoed saambring. Daar sal springmielies gratis aan u voorsien word. Indien jy nie op ‘n kombers op die gras wil sit nie is jy meer as welkom om vir jou ‘n stoel saam te bring. Kaartjies beloop R50 per volwassene en R30 per kind. Bring almal saam en kom geniet ‘n rustige en pragtige aand saam met ons.