Deur : Skriba / December 4th, 2017
FAMILIENUUS
Die afgelope jaar is opleiding en ondersteuning periodiek aangebied d.m.v. bemagtigingsprogramme en werkswinkels. Die komiteelede van die Vroeë Kinder ontwikkelingsprogramme, is Ryk van Velden (voorsitter), Eureka Smit; Emmelina Gerber; Cloetie Fourie, Mariette van Velden Carin van der Merwe, Andre Smit en Jan Grobbelaar.
EMBRACE EN SMARTSTART
Eureka Smit was die afgelope jaar byna weeksliks betrokke by Embrace en dan het sy ook leiding geneem met die Smart Start program. Sy skryf:
Wellington-Oos Embrace is n vroeë kindontwikkelingsaksie wat fokus op die 1 ste 1000 dae van n kind se lewe.
In die 2de jaar van ons Embrace aksie het ons tussen Junie en November 2017, 17 byeenkomste gehou waar ons gemiddeld 6 ma’s en 5 kinders bereik het. By elke geleentheid het ons die ma’s bemagtig om te bou aan hul kinders se fondasie deur klem te lê op die 4 boublokke nl. voeding, liefde, veiligheid en stimulasie.
Smartstart is een van Diaconia se vroeë kindotwikkelingsprogramme
wat fokus op 3-4 jariges d.m.v. speelgroepies.
In die week van 13-17 Nov. 2017 het 37 vrouens die Smartstart opleidingskursus voltooi. Tydens die kursus is hulle bemagtig om hul eie speelgroepies te stig met n minimum van 5 kinders.
Wellington- Oos ondersteun die 37 Smartstarters d.m.v. lesmateriaal, bystand (coaching) en emosionele ondersteuning.
Eureka Smit
0844614028
WERKSWINKELS VIR VROEë KINDONTWIKKELING.
Werkswinkels, waartydens vroue van plaasgemeenskappe en uit Mbekweni opleiding ontvang in onderring van kleintjies, word periodiek in ons gtemeentesentrum aangebied. Cloetie Fourie neem hier leiding en word bygestaan deur Eureka Smit.
Die groep vind altyd groot aanklank op die wyse waarop Cloetie haar aanbiedinge doen tydens die aanbieding van voorbeeldlesse. Daar word baie praktiese werk ook gedoen deur die maak van artikels wat benodig word in die skooltjies.